JUNIE -OKTOBER 2006 UITGAWE   (4.2)

LAST UPDATED 31/10/2006 @ 17:35

Inhoudsopgawe

1. Groot Kompetisie
Twee nagte in die Diaz Strand Hotel te wen!

2. Kykies in die Verlede
Waar kom die naam Slagboom vandaan? en debat oor gesneuweldes uit Anglo-Boere Oorlog by ons.

3. Kuier in die Kombuis
Ons maak Biefstuk en Niertjie Pot
                                                                                 4. Wyshede
Bill Gates se raad vir Skoolverlaters

5. Toerisme
Ons kuier op Mosselbaai en by Burning Shores in Namibië

6. Boodskap vir die Maand
Die Oliekanman

7. Briewe
Briewe o.a. vanaf Johan De Vries(jnr.), Floors Bellingan en Graeme Fraser. 

8. Sport
Gerard Delport gesels oor vroeër dae se rugby op Kirkwood.

 

REDAKSIE 
Redakteur (en verslaggewer):  Stef Delport          
                               Bus 160
                                        Kirkwood,6120
                                      042-2301311
                                                stef@kirkwood.co.za

Alle artikels is opgestel deur Stef Delport, behalwe waar anders vermeld.
Webmeester:
Alan Watkins - alan@kirkwood.co.za
Uitgegee deur: Delivier E-Publikasies
Bus 160, Kirkwood

 

Inleiding

Na weke se gesukkel is Sondagsrivier Nuus/ News uiteindelik weer op die web. Omdat Dream- weaver so 'n ingewikkelde program is, het ek besluit om oor te slaan na Microsoft se Frontpage om die koerant op te doen, min wetende van al die probleme wat dit my sou veroorsaak. Niete- min, 'n maand laat, maar die koerant is hier.

Hierdie keer sommer baie dik en vol stories. Ons het 'n Kompetisie om twee nagte in die luukse Diaz Strand Hotel op Mosselbaai te wen. Daarby is daar Oom Jurie se berigte oor die laaste olifant wat by Glenconnor geskiet is in 1890, 'n soeke na die ingenieur Mat Woodifield wat die Suurberg pas gebou het, 'n debat oor hoeveel mense gedurende die Anglo-Boere Oorlog hier rondom Kirkwood gesneuwel het en waar Slagboom sy naam vandaan kry.

Ons maak Biefstuk en Niertjie Potjie en Lemonade, Gerard vertel van rugby vroeër dae op Kirkwood, ons hou vakansie in Madagskar en nog baie, baie meer!

Groete                                                                                                                                                            Stef Delport                                                 

--------------------------------------------------------------------------------------

KIRKWOOD WILDSFEES
Kontak ons by T/F 042 2300064 of wildsfees@kirkwood.co.za
Hierdie kantoor dien as 'n Toerisme-kantoor en 'n Wildsfees-kantoor.
Tel/Faks 042 2300 064
e-pos: wildsfees@kirkwood.co.za


Uit die Kirkwood Wildsfeeskantoor
Op 29, 30 Junie & 1Julie 2007 sal Kirkwood se vyfde Wildsfees plaasvind.
  

KIRKY sê:

Sien julle volgende jaar weer hier by die Wildsfees! Dit sal nog wilder en lekkerder wees!

 

 

TOERISME
Rowald Kresfelder en die Gatsby Groep.

Kirkwood Seun bereik groot hoogtes in die Hotelbedryf

 Die oud-Kirkwoodter, Rowald Kresfelder, is tans Besturende Direkteur van Gatsby International Hotels, met hul hoofkwartier in die welbekende en statige Lanzerac Hotel in Stellenbosch wat hulle van Christo Wiese huur. Die Gatsby groep spesialiseer in be- stuurskontrakte vir luukse hotelle en bestuur 'n hele aantal top vakansie-oorde hier en in naburige lande.

Rowald Kresfelder is op Kirkwood gebore en slaag sy matriek alhier in 1993. Hy is die seun van Herman en Sarie Kresfelder wat tot onlangs nog die Plaaskombuis op Kirkwood bedryf het. Hy het sy Nasionale Diploma in Hotelbestuur met onderskeiding aan die Vrystaatse Technikon se Hotelskool behaal en sy praktiese opleiding by o.a. die Grande Roche Hotel in die Paarl en Le Touessrok Hotel in Mauritius voltooi. Daarna het hy by die Lanserac begin werk en later by die Gatsby groep aangesluit as Bedryfsbestuurderder van waar hy bestuurskontrakte by oorde soos die Bom Bom Island Resort in Wes-Afrika en Burning Shore Lodge, Dune Lodge en Camelthorn Lodge in Namibië moes hanteer.

                                 

Wayden Noonan ('n leukemia lyer) saam met Gawie Marx, bestuurder van Diazstrand Hotel [regs] en Rowald Kresfelder, besturende direkteur van Gatsby Internasionaal in Rowald se Chrysler Crossfire waarmee hy hom by sy skool in George afgelaai het. [Foto: Denise Lloyd]

Gedurende 2004 het Rowald vir 'n tydperk waargeneem as besturende direkteur van die lugdiens Sunair, maar is terug Gatsby Groep toe waar hy tans besturende direkteur is. Hy en 'n vennoot het ook onlangs die bekende 5-ster Gastehuis, De Oude Pastorie, in Somerset-Wes aangekoop.  Hy beplan om in Stellenbosch 'n Gastehuis met 'n Kirkwood tema te begin - spesiaal vir vallei-mense wat die Weskaap besoek. EN DIS NIE AL NIE:

Sondagsrivier Nuus/News is trots om in samewerking met Rowald Kresfelder en Gatsby International Hotels 'n gereelde kompetisie met groot pryse oor die volgende paar uitgawes aan te bied:

                                                          

                Rowald Kresfelder by Pietro Bosman voor die Diaz Strand Hotel in Mosselbaai       

                                GROOT KOMPETISIES !!!

                            KOMPETISIE 1

WEN TWEE NAGTE VIR TWEE BY DIE LUUKSE DIAZ STRAND HOTEL IN MOSSELBAAI.

                                   

Beantwoord slegs die onderstaande vraag om twee nagte by die Diaz Strand Hotel in Mosselbaai te wen:

VRAAG: Wat is die naam van die hoofdorp van die Sondagsrivier       Vallei Munisipaliteit?

Merk u antwoord duidelik "Kompetisie 1" en stuur dit per brief of poskaart na Sondagsrivier Nuus/News, Bus 160, Kirkwood, 6120, of e-pos dit na             stef@kirkwood.co.za .

Sluitingsdatum is 24 Desember 2006. Almal kan deelneem en die beoordelaars se beslissing is finaal. Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat. Die wenner sal in die volgende uitgawe van Sondagsrivier Nuus/News aangekon- dig word.

Om meer inligting oor die Sondagsrivier vallei te kry, gaan na www.kirkwood.co.za en klik op Kort geskiedenis van Kirkwood.

Meer oor die Diaz Strand Hotel:                                Die Diaz Strand Hotel is deel van die nuwe ontwikkeling op Dias Strand in Mosselbaai (Interes- sant, in Portugees word Dias met 'n s geskryf en nie z nie) Dit bestaan uit 12 luukse vloere met groot konferensie-geriewe op die 12de vloer en drie restaurante met die Pirates Tower kroeg en eetplek op die strand reg voor die Hotel. Dis in 2004 voltooi deur Pieter van Niekerk, wat onlangs aangewys is as die Sakeleier van die Jaar vir die Suidkaap. Die Gatsby Groep hou die bestuurskontrak vir hierdie luukse hotel.

Mossel Bay is the only town in the Southern Cape that boasts TWO Diners' Club International Award of Excellence. The Bahia dos Vaqueros, Mossel Bay's premier fine dining restaurant at the Diaz Strand Hotel has won this prestigious award for the second consecutive year. The wine list for the Bahia was largely compiled by Gawie Marx, General Manager of the Diaz Strand Hotel and wine connoiseur. Gawie is also the person who started the very popular monthly gourmet wine evenings at the hotel. It also has a specially designed Wine Cellar boasting a lot of top and scarce wines.

Wat hierdie Bahia dos Vaqueros restaurant verder besonders maak, is die grootste dakskildery in die Weskaap wat teen sy plafon pryk. Dit beeld uit die " FANTASIE VAN DIE ONTDEKKING VAN DIE WêRELD" (144vk. m.) met o.a. Dias se landing in Mosselbaai in 1488 op sy soeke na die Spesery-roete na die Ooste.

Ek het onlangs in die Diaz Strand Hotel oornag en kan dit baie sterk aanbeveel vir 'n heerlike vakansie! Die vriendelike en behulpsame personeel en luukse geriewe is werklik iets beson- ders.- Red.

Kyk gerus op hul webblad by www.diazbeach.co.za . Vir meer besonderhede kontak hulle by reservations@diazbeach.co.za of 044-6928400.

 

                  ----------------------------------------------------------------------------

                                             

                             Tarragona Lodge in Houtbaai

Ek het onlangs ook die geleentheid gehad om twee nagte in een van die pryse in ons volgende kompetisie, die Tarragona Lodge, tuis te gaan op 'n besoek aan Houtbaai. Dis geleë teen die suidelike hang van Tafelberg en slegs 20 minute van sentraal Kaapstad se besienswaardighede Tog kry jy die gevoel jy is in die rustige platteland in die mooi Houtbaai. Tarragona het 10 en suite kamers en heerlike kuierplek in die Skemerkelk-kroeg of langs die swembad.

Die Gatsby Groep het in die week wat ons daar tuisgegaan het, die bestuurskontrak vir die be-dryf van Tarragona Lodge oorgeneem en beplan heelwat uitbreidings. Dis 'n luukse oornagplek vir mense op besoek aan Kaapstad en omstreke en ek kan dit sterk aanbeveel - Red.

                               --------------------------------------------------------------

                   Burning Shore Lodge in Namibië

Twee Kirkwoodters het onlangs die besondere geleentheid gekry om vir byna twee maande lank die wêreldbekende Burning Shore Lodge in Namibië te bestuur. Dis die 5-ster oord geleë by Langstrand tussen Swakopmund en Walvisbaai waar Brad Pitt en Angelina Jolie so ‘n rukkie gelede hul baba gekry het.

Die bestuurder het onlangs bedank en die hotel was ‘n tyd sonder ‘n bestuurder in beheer, met gevolg- like probleme wat ontstaan het. Ricus Delport en Pietro Bosman van Southern Shores Adventures op Kirkwood is toe op baie kort kennisgewing versoek om die plek te gaan regruk. Hulle moes dit bestuur en ook nuwe sisteme en personeel inbring om dit suksesvol te bedryf – wat hulle met groot onderskeiding reggekry het, totdat hulle ‘n nuwe bestuurder opgelei het wat kon oorneem.

Tydens hul verblyf daar is ‘n halfuur-program vir die bekende oggendprogram LK-Today op die Britse ITV-kanaal daar geskiet deur Lorraine Kelly. Sy staan bekend as die Britse ekwivalent van Oprah Win- frey en het 7 miljoen gereelde kykers. Ook die Hollywood aktrise, Camilla Bell, het daar tuisgegaan die twee maande terwyl sy deelgeneem het aan ‘n herskiet van die fliek 10,000 B.C. - en hulle het goeie vriende geword.

Teen die einde van sy verblyf het Ricus met Wesley Snipes onderhandel om daar tuis te gaan, terwyl hy sy nuwe fliek in Namibië skiet, maar hy het uiteindelik ‘n luukse huis in Swakop gehuur.

                            

                   Pietro Bosman en Ricus Delport saam met die Britse TV persoonlikheid,                     Lorraine  Kelly, voor Burning Shores.

                                   

                                 Ricus en Pietro op pad om sandbord te ry by Langstrand se duine.

Ricus en Pietro bestuur vanaf November 2006 die Bom Bom 5-ster vakansie-oord op die tropiese eiland Principè, ongeveer 340 km.vanaf die kus van Gaboen en reg onderkant Nigerië. Dis deel van die Republiek van Sao Thomae en Principè met 160,000 inwoners. Dit was sedert 1493 'n Portugese kolonie en het sy onafhanklikheid gekry saam met Angola en Mosambiek in die 1970's. Die luukse Bom Bom het sy eie privaat eiland,  waar toeriste onder idilliese palmbome op die tropiese strand kan ontspan. Hulle het ook 4 diepsee bote waarmee toeriste marlyne, swaardvis en ander sportvisse kan vang. As jy daar wil gaan vakansie hou, kontak Ricus by ricus@southernshores.co.za

                                                -----------------------------------------------------------

               

    

                       

                      

                                                                                            Kontak Southern Shores by 076-1005433          
                                                                                                                                
 of info@southernshores.co.za

                                                                                                    

 
 


FULL SERVICE

****
Tel/fax: 27 42 2340323
Website: http://www.cosmoscuisine.co.za/Email: mailto:info@cosmoscuisine.co.za
P.O. Box 4, Sunland, 6115, South Africa
Vat reg: 4320205067

Cosmos Cuisine is situated in the heart of the Sundays River valley with must see attractions such as the National Addo Park and Private Game Reserves (Shamwari, Schotia and Lalibela) right on the doorstep.
Highlights: Spoil your senses with 4 - star, Luxurious accommodation, professional services and traditional country hospitality. Renowned for superb South African country cuisine prepared with love and presented with flair.

Tel/fax: +27(0)42 234 0323 e-mail: mailto:info@cosmoscuisine.co.za
Website: www.cosmoscuisine.co.za



Geelhoutboom B&B offers excellent accomodation.
Our rooms are tastefully furnished and have the following:

 

  • All rooms en suite

  • Airconditioning or ceiling fans

  • Electronic Safe

  • Mini Bar

  • TV

  • Kettle

  • Secure Parking

  • Full Breakfast Included

  • Other meals available on request


Vriende van die Biblioteek Friends of the Library

DATUM: 4-8 DESEMBER
TYD: 11:00-14:00; 16:00-18:30

Kom koop 'n wye verskeidenheid nuwe boeke teen sakpas-pryse.
Die ideale kersgeskenk vir vriende, familie, kinders …
en JOUSELF!!

Boeke word uitgestal in die sy-saaltjie van die Voortrekkersaal (Kirkwood) en in die Fitzpatrickbiblioteek

DATE: 4-8 DECEMBER
TIME: 11:00-14:00; 16:00-17:30

Come and buy a wide
variety of new books at
prices that suit your pocket. The ideal gift for friends, family…
And YOURSELF!

Books on display in Voortrekker Hall (Kirkwood) and Fitzpatrick Library

KONTAKNOMMERS:
ISABELLE GOOSEN: 2330353 / 0845800068;
ANNELISEKILIAN: 0834693307

CONTACT PERSON:
ISABELLE GOOSEN-2330353 / 0845800068;
ANNALISE KILIAN 0834693307


+ IMMANUEL
NOU BY JOHNSTRAAT 23, KIRKWOOD -Tel. 042-2301711.
Vir ligte etes, onbyt en iets vir die soet tand, kom besoek ons gerus in `n rustige Immanuel atmosfeer. Ons is ook bekend vir ons kwaliteit wegneem etes.
Nuwe somersklere, skoene en juweliersware
Wye reeks geskenke en boeke altyd beskikbaar
Nuwe reeks kinderklere en bedlinne vir kinders
Avroy Shlain produkte kan by Estelle bestel word
Green Cross winterskoene en stewels nou beskikbaar
Come and enjoy a nice cup of tea and something to eat.
A large variety on our menu.

BERIGTE VAN 20      JAAR GELEDE:

Junie-September 1986

Mev. Rona Delport was  vanaf 1983 tot 2003 Kirk- wood se korrespondent van die  Oosterlig en daarna ook Die  Burger. Hier volg 'n paar berigte uit haar plakboek: 

1.Kirkwood leerling  blink    uit in Huishoud- kunde                               Eie Beriggewer          KIRKWOOD. - Hanlie Nel, 'n Huishoudkunde-leerling aan die Hoërskool Kirkwood, is aange- wys as een van die drie top leerlinge in 'n onlangse land- wye Huishoudkunde-olimpiade. Die drie leerlinge is genooi om na Stellenbosch te gaan waar uitstappies en lesings vir hulle gereël is, asook 'n afskeids- dinee.

2. Vroue hoor meer oor sitrus:   Spesiale Beriggewer    KIRKWOOD. - Die  plaaslike VLV-tak het sitrusvrugte as tema gehad op sy onlangse maand-vergadering. Mnr. W. Bouwer, 'n plaaslike sitruskweker, en mnr. B. Beyleveldt van die Sitrus- beurs het die vroue toege- spreek.

Mnr. Bouwer het gepraat oor die kweek van goeie bome en mnr. Beyleveldt oor gradering en oorsese bemarking. Hy het gesê dat Suid-Afrikaanse sitrusprodukte oorsee meer in aanvraag is.                            • Die wenners van die kompetisies, wat ook 'n sitrustema gehad het, was mev. Nita Dunn vir haar rangskikking en mev. Mariet Smith vir haar lemoenkoek.

3. Nou’s dit neusie verby vir stelende kese:                    Spesiale Beriggewer   KIRKWOOD. - Mnr. Stef Delport, 'n boer van Kirkwood, kon net nie verstaan waarom sy tangelo's ('n sitrusvrug) in die boord so vinnig verminder nie - totdat 'n plaaswerker een middag vir mev. Delport kom sê dat hy 'n bobbejaan in die boord gesien het. 

Sy het met 'n .22-rewolwer daar naby stelling ingeneem, waarvandaan sy die boord goed kon sien. Twee groot bobbejaanmannetjies het hulle later in een van die bome tuisgemaak en rustig begin vrugte afskil. Sy los toe maar 'n skoot in hul rigting. Daar storm 'n hele trop van onge- veer vyftien van alle groottes uit die boord. Die volgende dag was hulle weer daar, maar daarna is die vrugte geoes.

4. Veertig vroue besoek wewery:   Spesiale Beriggewer KIRKWOOD. - Sowat 40 vroue van die VLV-tak op Kirkwood en hul vriendinne het onlangs 'n besoek gebring aan 'n wewery op Alicedale.

Mnr. Jan Paul Barnard het die vroue deur die fabriek geneem en hulle kon voltooide artikels in 'n vertoonlokaal besigtig. Hulle kon ook spesiale brei- drade en truie, wat deur mev. Elsa Barnard ontwerp is, besigtig.

5. Groep sal help met opheffing.  Spesiale Beriggewer KIRKWOOD. - 'n Gemeen- skaps Ontwikkelings-Vere- niging vir die Sondagsrivier vallei is onlangs op Kirk- wood gestig met die doel om plaasarbeiders te help om hulself op te hef.

Mnr. Johan du Toit, streek Beheerbeampte van die Landelike Stigting, het die vergadering toegespreek. Hy het daarop gewys dat hierdie opheffings-aksie reeds 'n dramatiese afname in drank- misbruik by arbeiders in die Boland tot gevolg gehad het, sowel as 'n verbetering in hul algemene lewenspeil. Die vereniging het besluit om dadelik te adverteer vir 'n Ontwikkelaar. Die plaaslike gemeenskap sal 25 persent van die koste van so 'n pos moet dra, terwyl die Landelike Stigting die res sal bydra.

Mnr. Anno Nortje is aangewys as voorsitter van die nuwe vereniging. Die bestuurslede is mnre. Tinus Hartman, Charles Woolley, Stef Delport, Danie Campher (jr.), Theo Bezuiden- hout en Boeram Venter.

6. Persoonlik:

Mnr. Eddie Bezuidenhout van Markstraat, Kirkwood, op 94 jaar die dorp se oudste inwoner, is in die Rita Coetzee-hospitaal.    

Mev. Lettie Potgieter van Digteby, Kirkwood, het na Kaapstad vertrek vir die  begrafnis van haar suster, mev. Esther Rossouw van Markstraat, Kirkwood.

Mevv. Cretienne Marais, Marie Potgieter en Denise Daniell van Kirkwood het na Engeland vertrek waar hulle hulle aansluit by 'n toer- groep wat onder meer Swit serland, Duitsland, Italië, Oostenryk en Frankryk sal besoek.

Mnre. M.J. (Tinus) Hartman en Stef Delport, beide lede van die direksie van die Sondagsrivier Sitrus-koop- erasie, het op 'n besigtig- ingstoer na Europa vertrek. Hulle sal twee weke lank die bemarking van sitrus- vrugte in Europa bestudeer en al die vernaamste vrug- temarkte en afsetpunte vir sitrus besoek. 

Hul toer word afgesluit met 'n besoek aan Israel, waar hulle die nuutste ontwikke- lings op die gebied van mikro- en drupbesproeiing sal nagaan.                      

Mnr. Johan Erasmus, burg- ermeester van Kirkwood, is in die Provinsiale Hospitaal in Port Elizabeth opgeneem nadat hy ernstig siek ge- word het.

Ds. en mev. J.M. Delport van Joubertina het die afgelope naweek familie op Kirkwood besoek en ds. Delport het ook Sondagog- gend die erediens waarge- neem.

_______________________                               

WYSHEDE

NEDERLAND SE GUNS, SUID-AFRIKA SE WINS                         Wil u graag vertrek op ’n avontuurlike reis waar- tydens u eksotiese plek- ke besoek, honderde  mense ontmoet en boei- ende ervarings beleef?

Bring dan gerus teen die minste koste en moeite  besoek aan http://www. tanap.net/content/ activities/documents waar die tyd stilstaan terwyl u u al lesend verdiep in die aan vangshoofstukke van Suid-Afrika se geskiedenis, wat tot in die fynste besonder- hede aangeteken is.

Maak op die TANAP-web- blad onder andere kennis met die getranskribeerde inhoud van die volgende twee reekse waarvan die oorspronklike dokumente in die Kaapstadse Argiefbe- waarplek gehuisves word:           

-- die Resolusies van die Politieke Raad van die Kaap die Goeie Hoop (1651-1795), vlagskip van die plaaslike VOC-erfenis,  asook

-- die eerste 40 bande van die inventarisse van intestate boedels (1673-1834) van die Wees- kamer van die Kaap die Goeie Hoop, waarvan die oorblywende 35 bande tans in voorbereiding is.

Danksy die besonderse samewerking tussen Neder- land en Suid-Afrika bied hierdie Internetproduk- te toegang tot inligting wat andersins vir belangstellen- des wêreldwyd onbereik- baar, ontoeganklik en geslote sou bly. 

Helena Liebenberg Taaloord-eienaar http://www.taaloord.co.za

-------------------------

Daai stukkie vleis......              

'n Ouderling word gevra om die Sondag in die kerk 'n paar woorde te spreek.

Hy begin deur te sê:       Geagte broers en susters!!! Vandag wil ek met julle praat oor 'n stukkie vleis ...! DAAI stukkie vleis!! Daardie stukkie vleis wat broers en susters van mekaar skei.....! 

Daardie stukkie vleis wat MAN EN VROU van mekaar kan laat skei.....!!! Daardie stukkie vleis wat families uitmekaar skeur sodat hulle vervreemd raak van me- kaar  Daardie stukkie vleis wat vrouens met vrouens laat baklei, broers en susters...!

Daardie stukkie vleis wat party keer meer buite is as wat hy binne is....en dan ook meer binne is as buite .....!!! Broers en susters, dit is daardie stukkie vleis wat soveel pyn en ook soveel plesier kan bring.....!!!

LIEWE BROERS EN SUS- TERS ek praat vandag met julle oor……“DieTong”           

Uit: Lag vandag nog ‘n slag.                              -------------------------- 

Sterfgoed - Hoe pragtig is ons Afrikaans nie !

Fanus Rautenbach sê: ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep:
 
Reisigers gaan heen.
Parlementslede op die groen kussings gaan sag heen.

Die melkman en die pos- man kom om.
Jagters gaan bokveld toe.
Kokke steek lepel in die dak.
Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
Die valskermspringer ontval ons.
Die tuinier is van die gras af gemaak.

Die melkboer het die em- mer geskop.
Die begrafnisondernemer sien sy gat.
Die dominee het die tyde- like met die ewige verwis- sel.
Die ouderling is ontslape.
Die koerantman is direk hemel toe.
Die skeidsregter het sy laaste asem uitgebl
aas.
Die dokter se hart het gaan staan.
Die elektrisiën se liggie is gedoof.
Die koster het die doods- klok hoor lui.
Die kleremaker se draad is geknip.
Die Springbok Rugby-afrigter kom tot rus.

Skoonmoeder - die duiwel het haar kom haal.

Ingestuur deur Tertius Delport.

--------------------------

Always try something new.

Never be afraid to try something new. 

Remember a lone amateur built the Ark.

A group of professionals built the Titanic!

--------------------------

Boeregrafte:    Mnr. Dirk Schellingerhout van Uitenhage (e-pos: jodis@mailbox.co.za ) was so gaaf om die volgende inligting oor Anglo-Boere- Oorlog grafte in ons om- gewing aan my te stuur.

1. BRAKKEFONTEIN – waar die drie burgers gesterf het – 29km. vanaf Kirkwood. KOORDINATE : 33.33460 / 25.19151

2. KARIEGA BEGRAAF- PLAAS – waar Henry Rittenberg en Arrie van Onselen begraaf is – 15 km. vanaf Kirkwood langs die P.E.-Graaff-Reinet teerpad (R75)             KOORDINATE : 33.44083 / 25.26465

3. JUBILEE BEGRAAF -PLAAS – Gibbonstraat, Uitenhage - waar Cornelius Vermaas begraaf is.          KOORDINATE : 33.76467 / 25.7818         

4. TIJGERHOEK – Naby die Hanekam in die Winterhoek  berge – waar Petrus Jacobus Bellingan begraaf is.  KOORDINATE : 33.55794 / 24.99514

Petrus Jacobus Bellingan Geb. 13 Mei 1879 Gesneuwel te Heidelberg 16 Sept. 1901                   Vir Vryheid, Land en Volk

--------------------------

How to Survive a Stroke:                   A neurologist says that if he can get to a stroke victim within 3 hours he can totally reverse the effects of a stroke. He said the trick was getting a stroke recognised, diagnosed, and then getting the patient medically cared for within 3 hours, which is tough.  
 

RECOGNISING A STROKE:         Remember the 3 steps:   S, T, R. 

Sometimes symptoms of a stroke are difficult to identify. Unfortunately, the lack of awareness spells disaster. The stroke victim may suffer severe brain damage when people nearby fail to recognise the symp- toms of a stroke.
 

Now doctors say a by- stander can recognise a stroke by asking three simple questions:

S
*  Ask the individual to    SMILE .
T
*  Ask the person to TALK - to SPEAK A SIMPLE   SENTENCE COHERENTLY(i.e. . . It is nice and sunny today).
R
*  Ask him/her to RAISE BOTH ARMS .

NOTE
: Another 'sign' of a stroke is this: Ask the person to 'stick' out their tongue. If the tongue is 'crooked', if it goes to one side or the other that is also an indication of a stroke.
If he or she has trouble with ANY ONE of these tasks, call  a doctor  immediately!! and describe the symp- toms to the dispatcher.


A cardiologist says if everyone does this, a lot of lives will be
saved.      -------------------------

Resep om Spoke te Verdryf:            ‘n Baie ou boereraat om spoke mee te verdryf.

Als spoke in die nag die rus verstoren in uw slaapkamer, houde een bottel beste brandewijn, en kaars (kers) en een betrouwbare tonteldoos langs bed.

Wanneer die spook te vore kom, sluk tjoepstil een mond fol, steek die kaars snel op en blaas dadelik dood, na die kant van die spook, met Brandewijn-beremmeld asem. Als die spook net daar bly, sluk vlugtig vijf mondefol brandewijn, en knijp oë styf toe voor vyf minute.

Uit:  "The Essence of the Grape"  - Andre P. Brink     -------------------------

Kuier in die Kombuis

Lemonade:

It’s springtime again in the Sundays River Valley. Here are some refreshing drinks made from lemons.

1. Classic Lemonade:

Serves six to eight people.

If you like, scrape the pu!p from a couple of mashed lemon slices into the pitcher to make a more pulpy lemonade. Adding 1 tablespoon grenadine turns the lemonade pink and imparts extra sweetness.

Take 10 to 12 medium lemons, scrubbed well, halved pole to pole, all halves sliced thin, horizontally                         1-1/4 cups sugar                Pinch of salt (optional)        5 cups cold water

Mash lemons and sugar (and salt, if using) in large, deep bowl or saucepan with potato masher or wooden spoon until lemon slices give up their juice, sugar is dis- solved, and juice is thick- ened to syrup consistency, about 4 minutes. Pour half the lemon slices and syrup through large sieve over bowl or saucepan; press on solids with masher or back of wooden spoon to release as much liquid as possible.

Discard solids; transfer liquid to serving pitcher. Repeat process with re- maining lemon slices. Stir in water until blended. Chill well and stir to blend be- fore serving, over ice if desired.

2. Lemonade by the glass:                      Yields about I generous cup

Follow recipe for Classic Lemonade, reducing number of lemons to 2. sugar to 3 tablespoons, and water to 3/4 cup, and use small bowl and sieve.

3. Minted Lemonade: Like the ginger variation below, the mint flavor in this lemonade is mild, as it's intended to comple- ment the lemon. Follow recipe for Classic Lemonade, adding 2 cups washed fresh mint leaves to lemons and sugar before mashing.

4. Gingered Lemonade:                   Follow recipe for Classic Lemonade, adding 3 tablespoons grated fresh ginger to lemons and sugar before mashing.

5. Raspberry Lemonade:               Follow recipe for Classic Lemonade, adding 1-1/2 cups fresh or thawed frozen raspberries to lemons and sugar before mashing.

6. Shandy:                   Makes 1 cup                           Other versions of this refreshing British drink substitute ginger beer, ginger ale, or lemon-lime soda for the lemonade. For a stronger beer flavor, increase the ratio.

1/3 cup beer, preferably dark or amber lager, or light or pale ale, well chilled

2/3 cup lemonade, well chilled

Pour beer or ale, then lemonade, into glass. Stir very gently to avoid creating foam, and serve immediately.

--------------------------

   BRIEWE

1. Nederlanders hou van Casa Mia:

Madeleine en Ton Brekel- mans-Halgreen skryf uit Nederland:

 Ons wil net vir julle "Kirkwoodians" gelukwens met die nabyheid van so 'n lekker spa....Casa Mia.

Vriende van ons het ons op die plek attendeer en ons was daar vir 'n kort besoek met massages en al wat hulle aanbied. Mens word daar lekker bederf deur die eienaar en die 2 meisies. Ons het dit baie geniet en verlang steeds terug vanuit 'n koue Nederland!

Volgende keer wat ons oorkom sal ons beslis weer 'n besoek bring aan die Casa Mia Spa en Kirkwood en omgewing.

Groete

Madeleine en Ton Brekel-mans-Halgreen
Bogerd 56
5521 MK Eersel
the Netherlands  
breke353@planet.nl

--------------------------

2. Jessica Pitchford
Ivan Oberholzer skryf uit P.E.:

   Ek het onlangs saam met Jessica Pitchford van Spe- cial Assignment in Oos- Londen gewerk en haar vertel van julle webwerf.   Sy is afkomstig van Kirk- wood, en was verras en bly en gaan dit gereeld besoek. Haar familie het 'n groot winkel in die hoof-straat gehad en hulle wo- ning was langsaan (Kirk- wood Hardware – tans Mica). Bob en Nicky Whyte is familie.
Ek sal haar julle webwerf adres stuur. Haar selnom- mer is: 082 561 3610
Groete, Ivan. specialist cameraman, sabc port elizabeth oberholzerij@sabc.co.za cell: 082 4659444

3. Die Beste Nuus brief:

Louis en Linda Olivier skryf uit Pretoria:

Die Sondagsrivier Nuus is by verre die beste nuus- brief wat ek tot dusver onder oë gehad het.

Ons is besig met genealo- giese navorsing oor 'n wye spektrum van vanne, maar veral die MacDonald, Olivier en Coetzee's en het reeds besondere inligting in u nuusbriewe gekry en geniet die deel "Kykies in die ver- lede" in besonder omrede dit van ons navorsings- velde ook dek.

Ons hoop van harte dat die nuusbrief sal bly voortbe- staan en groei en dat die  reeds hoë gehalte gehand- haaf sal word.

Louis en Linda Olivier
Pretoria
lmolivier@hotmail.com
of
lm.olivier@gmail.com

------------------------------------

4. Lees graag julle koerant.

Yvonne van der Gryp skryf vanaf Pretoria:

Ek is 'n Pretorianer, wat graag julle koerant aanlyn lees. Ek vind dit baie in- teressant en vol lees stuk- kies. Uit die kombuis is my gunsteling want ek is baie  lief vir kos maak en die resepte wat ek hier kry. is oor en oor gebruik.
 
Geluk met die koerant, hou so aan!!!!
Yvonne vd Gryp
yvonne@cfmail.co.za
012 5465840
072 8733 687

--------------------------

Die Delports se Neefsnaweek

In 1914 het Koos en Nonnie Delport vanaf De Rust na die plaas Rebelsvlei net buite die nuwe dorpie Kirkwood getrek. Met die ineenstorting van die volstruisveerbedryf het hulle alles verloor en moes ‘n nuwe begin op Kirkwood kom maak. Hier het Koos en Nonnie staat -makers in die vallei se kulturele en politieke lewe geword en in die proses elf kinders grootgemaak.

Uit hierdie pionier-egpaar se nageslag het drie rugby springbokke, 2 politieke leiers-figure en talle ander sterk persoonlikhede voort- gespring. Onlangs het 13 van hul manlike kleinkind- ers, uit ‘n moontlike 16 wat nog leef, ‘n besondere Neefsnaweek net vir die manne vanaf Vrydag, 11 Augustus, tot die Sondag by Kobus Delport se strand huis by Keurboomstrand deurgebring.

In die proses is heerlik ge- kuier, gebraai en die land se probleme op politieke, kerklike en sportgebied "opgelos". ‘n Raad van Oues, bestaande uit Eric Olivier, Tertius Delport en Andre Olivier moes die orde handhaaf, terwyl die predikant, Koosie Delport, die geestelike sy moes versorg.

Familie-stories uit vroeër se dae het almal vasgenael gehou, terwyl skreeusnaak se insidente uit hul groot- word en studentejare die tyd verby laat snel het – soveel so dat daar nie eers werklik na die prag van Arch rock en Matjiesrivier gekyk kon word nie.

Staaltjies was legio oor onderwerpe soos ‘n gesa- boteerde foefieslide, St Georges strand se see-kaperjolle, ‘n onverwagte eregas by ‘n groot Xhosa-troue diep in die Transkei, grappige insidente met rugbytoere en ander ko- miese situasies.

Intense debatte is gevoer oor  onderwerpe wat gewissel het vanaf die Belhar-belydenis en kerk-eenheid, die toekoms van Afrikaans en die Afrikaner tot die swak stand van rugby in ons land.

Teenwoordig was neefs van verskillende neringe wat gewissel het vanaf politici tot ‘n oud-springbok en vyf oud-provinsiale rug- byspelers wat besondere diepte aan die gesprekke kon verleen.

Te gou was die tyd verby en na ‘n informele kerkdiens Sondag en ‘n koue middag-ete het ‘n klomp besonder ingenome neefs weer die pad huistoe aangedurf – vasbeslote om dit van nou af op ‘n gereelde basis te herhaal.

Stef Delport

-------------------------

 Gerard Delport Skryf:

Terwyl ons in Engeland was, het ons gaan kyk na Thinus-hulle se wedstryd teen Northampton.  Na die wedstryd, en terwyl ons by die ingang na die kleed- kamers vir Thinus staan en wag, kom daar toe van sy klub se bestuurslede hulself voorstel en 'n geselsie aanknoop.

Terwyl ons so staan en ge- sels kom daar toe nog ie- mand wat sy hand uitsteek om te groet, en ek aanvaar toe maar dis nog iemand van Worcester.  Maar die ou kyk my net met 'n glim- lag aan, en hou my hand vas.  Na so 'n paar sekon- des sê Elriena toe: "Neil Terblans! Wat maak jy hier?"

Hy is so 'n paar weke tevore met 'n vrou van Northampton getroud wat hy in SA ontmoet het, terwyl sy met vakansie was.  Toe hy hoor Thinus-hulle speel daar, het hy gesê hulle moet gaan kyk, want hy was op Kirkwood Thinus en Klein-Eric Olivier se eerste afrigter.  Hulle was die twee slotte van die onder 9 span.  As ek dit nie mis het nie, was Leon Delport die skrumskakel. 

Terwyl Thinus-hulle voor die wedstryd op die veld kom opwarm, het Neil hom gegroet, en toe gehoor ons is daar.

Hy is glo so 4 jaar gelede (weer) van sy vrou geskei, en het by een of ander toerisme besigheid gewerk toe hy die vroutjie ontmoet het. 

--------------------------

Eden to Addo Mega-Hike

Imagine a hike that has never been walked before, a route that attempts to follow where elephants once roamed and where they may well roam again. Imagine walking through indigenous forests, over expansive mountains and through winding river gorges, side-stepping buffalo and looking out for sunirds.


The Eden to Addo Mega-Hike was a once-off hiking adventure that took place
in August 2006 and was the longest hike of its kind in South Africa - 400km in 17 days.

To celebrate the launch of the Eden to Addo Corri- dor Initiative we decided to take a walk through the whole length of the propo- sed corridor to raise funds and awareness,

FACTS AND FIGURES:
Dates: 11- 27th August 2006
Distance: +/- 400km
Mountain crossings: 7
Number of Biomes: 5
Hiking days: 17
Number of Hikers: 24
National Parks & Nature Reserves walked through: 6

THE ROUTE:
Starting in the Eden district of the Knysna forests where elephant sightings are still reported. We hiked to the Keurbooms river outside Plett and then through the Tsitsikamma towards the Kouga mountains eastwards of Peak Formosa. From there the wilderness of the Baviaanskloof – a World Heritage Site. Finally we crossed the Groot Winter- hoek mountains to reach Addo Elephant National Park, 17 days and 400 km later – a mega achievement.

Galeo Saintz
082 888-8181
www.edentoaddo.co.za

-----------------------

LAND SONDER SPIETKOPS EN KARWAGTE

Trudie Wegner van Fascination Books in P.E. skryf uit ‘n vèr verre land:

My gasvrou nooi my saam na haar hoofstad. Dit is ongeveer 70 minute per motor. Sy gaan haar niggie se begrafnis bywoon en ek kan die plek dan vir 'n paar ure verken.

Sy verlaat haar poorte on- gegrendel. Op die stoep staan 'n trapfiets met peuterstoeltjie agterop, die grassnyer en “n paar items uit die kleinkinders se speel goedkas. Ek bied aan om dit in te neem en toe te sluit. Maar dit is nie nodig nie.  Alles sal hier wees wanneer ons terugkom, verseker sy my.

Daar is geen verkeersligte in haar dorp nie. Ons is gou op die grootpad waar die spoed grens 80 km per uur is. Nou gaan ons deur die nuwe ondersee-tonnel ry. Pas ingewy, vertel sy... 6 kilometer lank en 250 m. onder seevlak op die diep- ste punt. Maar waar is die tolhek of betaalpunt, wil ek weet. Betaling geskied op verskeie maniere. My gas- paar betaal vooruit deur koepons te koop. ‘n Kamera in die tonnel sal die nom- merplaat afneem en ‘n rek- ening aan die motoris rig as daar nie voorafbetaling was nie. Toeriste betaal by die vulstasies aan weerskante van die toltonnel. As haar krediet begin opraak, sal ‘n geel lig in die tonnel haar herinner dat sy weer tol- geld moet betaal.

Volgens my gidsboek is die maksimum spoed in dorps- gebiede 50, soms 60. By die ingang na n klein dorpie merk ek dat n elektroniese bord die syfer 59 flits.  Reg geraai, sê sy. Dit is die spoed wat ek gery het.  

Daar is nie ‘n boete nie.  Sou sy meer as 10 km per uur te vinnig gery het, sou daar gou-gou n boetebrief in die posbus voor haar huis gelê het. As sy bv. die grens met 30 km per uur oorskry het, sou haar lisensie onmiddelik opgehef word.  Na ‘n jaar sou sy weer kon aansoek doen ... en wel eers vir ‘n leerling- lisensie.

Dit is opmerklik dat daar enkele minibusse op die pad is, meestal vir toeriste en goedere. Ek sien ook nie eintlik motors wat meer as 10 jaar oud is nie. Niemand gebruik ‘n toeter nie.  Enige verkeerspolisie?  Nee, ons sien hulle net in ander lande, sê my gasvrou.

Skape wei teen die steil berghange tussen die bot- tergeel veldblomme.  Daar is dubbeld soveel skape as mense in hierdie land... ‘n vet raps oor die 90 000.  Party waag dit oor die teer pad.  Motorongelukke, vra ek. Weinig, nou en dan ry iemand ‘n skaap dood, dan word die polisie betrek en die skuldige moet die eie- naar in kontant vergoed.  In my gidsboek vind ek later die aand die polisie se skaapnommer.

Die padoppervlakte is prima, verkeerstrepe vars geverf. Hier en daar flits ‘n waterval blink by ons ver- by. “Water is gratis in my land. Geen haan kraai daarna op die munisipaliteit se rekening nie,” vertel sy.

Ons stop by ‘n vulstasie. Lyk heeltemal verlate. Sy klim uit, neem die pomp- slang en maak vol met 95. ‘n Kredietkaartmasjien kry die geur van haar geld, sy sleutel die pompnommer in en klim in die motor met betaalstrokie in die hand.

Ons kom op die beplande tyd in die hoofstad aan. Daar was geen padverleg- gings nie, geen verkeers- ophopings.  Daar is nie ge- noeg parkeerplek in die stadsentrum nie, verneem ek. Sy ry na die hawege- bied toe. Dis naby aan die kerk waar sy moet wees, daar is ‘n groot parkeerter- rein. Geen verkeersmeters, geen betaalhokkie of val- hek, geen motorwagte.

Ons spreek ‘n tyd af. Die motor sal oop wees as ek vir haar moet wag.  On- moontlik. Ek bied aan om op ‘n bankie langs die klein- boothawe te wag.  Nooit as te nimmer, jy is my gas. Ons stap weg. Haar reënjas lê op die agterste sitplek.

Sy ontmoet ‘n familielid by die voetgangeroorgang en handig my aan haar sorg oor.  By die toerismekan- toor word ek georiënteer en stap verder alleen die stad in sonder om my reis- handsak vas te klem. 

Die son skyn in die stads- kern. Voetgangerverkeer kry voorrang. Nuwe ma's stoot babavragte in mo- derne waens. Bejaardes gesels op parkbankies.

Op die afgespreekte tyd soek ek die motor in die haweparkeergebied. Ek maak die deur oop. Die radio en CD speler is daar. Die jas ook.

Droom? Versinning? 

Nee, ek was vandag in die kleinste hoofstad in die wêreld. Torshavn op die Faroe eilande. Populasie 15 000 mense.  Plek op die planeet: 62 grade N, 7 grade W. Werkloosheidsyfer 2.2%My reis was van Klaksvik - die grootste dorp op Bor- doy, een van die vyf noordelike eilande  - na Torshavn, setel van die Faroese parlement, op die eiland Eysturoy.

Trudie Wegner

-----------------------

Liefde vir nartjies maak hond kees se moses
                               Gelukkig vir ons winsgrense kan hy nie skil nie, se baas

Mariska Spoormaker
KIRKWOOD. - Die adver- tensie-mense gaan sukkel om diè Kirkwood-hond in 'n deftlge kar te kry om te wys hoe goed 'n sekere soort hondekos is. Want Wiesla die Hongaarse Pa- trys-hond (Viszla) se hondeblokkies bly in elk geval net so staan op die agterstoep as dit nartjietyd is.

Ontbyt, middagete en aand ete is dit boorde toe met hom, al agter oubaas Stef Delport aan.

"Delport is nog een van die outydse sitrusboere", sê sy seun Ricus, "daai soort wat aanhoudend pluk en proe. So sewe jaar terug het Wiesla saam met horn boorde toe begin gaan". Dis hoe Wiesla van nartjies geleer het. 'n Skyfle hier, 'n skyfie daar. Toe kom die verslawing.

Sommer stories, dink 'n mens met die eerste vertel van die verslawing.

Tot Vizla saamstap boorde toe, jy jou eerste nartjie skil…  "My ma sê sy kry altyd net so twee, drie skyfies van haar nartjie geëet as Vizla in die ronde is," lag Ricus, ook van die plaas Eindelik.

Hoeveel nartjies waai tussen oubaas en hond in die boord weet niemand nie. Delport snr. praat nie daaroor nie, en Wiesla kan (nog) nie praat nie.

"En gelukkig kan hy ook nie skil nie, want dan het sake begin lol met ons wins-  grense. Dankie tog vir menslike ingryping wat nog hier nodig is," sê Delport. Maar ook dankie tog dat Wiesla so erg is oor sy nartjies. As oubaas nie boord toe gaan nie, gaan hy in elk geval om die an- der yierbenige mededing- ers uit te hou.

"Die bobbejane hardloop gewoonlik vinnig weg as hy blaf en nader storm. Die ape is 'n ander storie. Par- ty laat spaander en die wat nog nie geleer het nie, mik vir die hoogste takke. So het hulle geleer met die ander honde. Bly net lank genoeg in die boom en die hond gee pad," sê Delport.
"Maar die ape sal leer, net soos die ander voor hulle wat ook gedink het hulle kon Wiesla "uitwag" in die bome. As 'n aap sit, dan sit hy."

"Ons eie nartjiewagter!" lag Delport, "en boonop is hy 'n goeie rol-model... ons sien die ander honde begin nou ook al nartjies eet. Een van die dae sien jy net apies en bobbejane spat uit die boorde!"

--------------------------
 

       

  KYKIES IN DIE VERLEDE

Oom Jurie Goosen se Berigte uit 1937/38:
Oom Jurie Goosen was vanaf 1937 tot 1983 die verslaggewer van die Oosterlig in P.E. Hier volg van sy berigte uit 1937/38:
 

1. NATURELLE WIL NIE TREK NIE.
KIRKWOOD. 6 Nov. 1937 — Hier is vandag twee belangrike vergade- rings gehou in verband met die segregasie van naturelle. Dit volg op ‘n vroeëre besoek van mnr. J.J. Smith, Sekretaris van Naturelle-sake aan Kirkwood.

Onthou sal word dat ongeveer 4,700 naturelle - mans, vroue en kin- ders - wat op die Strathsomers landgoed woon, omstreeks Augustus gelas is om die landgoed te verlaat en na ‘n naturelle reserwe te trek, waarskynlik met die oog op die uitvoering van die nuwe wetgewing (en dit 10 jaar voor 1948). Hierdie naturelle word gebruik vir seisoensar- beid, en is derhalwe onmisbaar vir die besproeiers. Op aandrang van die besproeiers en deur bemiddeling van die LV’s, mnre. L.J. Vosloo, G.P. Steyn en G. Dolley, is die saak hangende gehou en die Departe- ment van Naturelle-sake het verklaar dat hy gewillig is om die naturelle te laat bly, mits hulle in behoorlike lokasies onder behoorlike toesig geplaas word.

Die Kirkwoodse dorpsbestuur is toe genader en vandag het die dorps bestuur en die direksie van die Strathsomers-landgoed ontmoet. Die Kirkwoodse dorpsbestuur sal nou aansoek doen om beheer oor die naturelle op die Strathsomers landgoed. Die naturelle sal in behoorlike lokasies geplaas word, en 'n voltydse superintendent sal aangestel      word.
Daar word gehoop dat die moeilikheid, wat al jare hangende is, hier- mee vir altyd opgelos sal wees.
 

2. OOM JAKOBUS HUMAN 83 JAAR OUD            
Baasskut tot op sy oudag – nog olifante op sy plaas geskiet.

KIRKWOOD. 8 Nov. 1937 - Oom Jakobus Human, soos hy by almal bekend is, het vandag sy 83e geboortedag herdenk op sy plaas, Krom- poort, naby Glenconnor. Oom Jakobus se eggenote leef ook nog, en is alreeds 84 jaar. As hulle leef tot op 12 Oktober 1938, sal hulle hul diamant bruilof kan vier.

Oom Jakobus is veral bekend in hierdie omgewing deur sy skietpres- tasies en sy onverskrokkenheid as jagter toe selfs olifante op Krom- poort aangetref is. Verlede jaar het oom Jakobus nog self 'n koedoe- bul neergetrek. Op een dag. toe 'n groot geselskap uit was op die jag het Oom Jakobus ses uit die sewe koedoes geskiet wat die dag neergevel is.

Omstreeks 1890 het die oubaas groot opspraak in hierdie omgewing verwek deur 'n groot olifantbul, wat sy veld verniel het, in die stof te laat byt met sy martini. Op 20 treë afstand, toe die wind gunstig was het hy 'n koeël deur sy kop geja. 'n Ander besondere skietprestasie van die oubaas is dat hy eens 'n groep van 13 wildehonde op die lyf geloop en 12 van hulle neergetrek het.
 

3. Persoonlik
Mnr. J. P. Kellerman, hoof van die laerskool op BlueCliff, distrik Kirk- wood, het 'n aanstelling aanvaar in die personeel van die Cunningham Laerskool, Port Elizabeth. (Hy was die vader van die bekende sportskrywer, Alex Kellerman, wat onlangs oorlede is, en ook Kathleen, wat met die gewese Springbokhaker vanaf Kirkwood, Willem Delport, getroud was – Red.)

4. GEWILDE DOKTER OORLEDE:                              
KIRKWOOD, 3 Jan 1938 — Dr. L. F. H. McDowell, vader van mev. Eric Woolley van Boschkraal, Kirkwood (en oupa van Ken Woolley), is oor lede op 64-jarige leeftyd aan sy woning op Mowbray.

Dr. McDowell is in Ierland gebore en het hom in 1896 in Suid-Afrika gevestig. Nadat hy enige jare in Strydenburg en Calitzdorp praktiseer het, is hy na Frankryk, waar hy tydens die (Eerste) Wêreld Oorlog ambulans-werk gedoen het. Na afloop van die oorlog het hy na Suid-Afrika teruggekeer en hom by die personeel van die Rondebosch hospi- taal gevoeg.

Hy was 'n gewilde geneeskundige en goed bekend in die vallei. Sy heengaan word diep betreur deur 'n groot aantal vriende. Dr. McDowell laat 'n weduwee en een dogter na.

5. GROOT UITTOG UIT KIRKWOOD OP NUWEJAARSDAG:  7 Jan 1938 — Kirkwood en die omliggende streke is verlate agtergelaat deur die menigte wat hulle gedurende die naweek na St. Georges- strand begeef het. Reeds in die vroeë oggend van Nuwejaarsdag was 'n groot aantal motors onderweg na die strand.
                                                                                                                              
Die dorp self was op Nuwejaarsdag in eensaamheid verlore. Teen die namiddag het die weiniges wat hier agtergebly het, geswoeg onder die skroeiende strale van 'n warm middagson. Ou inwoners rneen dat dit een van die stilste dae was wat hulle nog hier beleef het.
                                                                                                                         
Onder die menigte wat met vakansie aan die strand was, was: mnre. A.S. Potgieter en gesin, Gert Bouwer en gesin, B. de Wit en gesin, G.Viljoen en gesin, J. de Wit en gesin. Kotie Stiemie en familie, P. Swart en gesin, A. Coetzee en gesin, D. Breytenbach en gesin, J. Muller en gesin, R. Mallinson en gesin, S. Coetzee en gade, Kemp en gade, K. Veenhuis en gade, H. Meiring en gesin, T. Calitz en gesin, A.du Toit en gesin, H. J. Bester en gesin, P. Groenewald en gesin en C. Coetzee en gesin.

6. NOODLOTTIGE GEVEG OM 'N SKONE IN 'N OLIFANT-TROP.
KUDDE-LEIER OP ADDO NOG BAAS
KIRKWOOD, 7 Sept.1937 — Toe mnr. Johnson, opslgter by die Addo-Olifant reserwe, Saterdagaand die olifante, soos gewoonlik lemoene gee, het hy 'n jong bul vermis uit die 23-tal wat gewoonlik opdaag. Hierdie ongewone afwesigheid het mnr. Johnson se suspisie gaande gemaak en 'n soektog is op tou gesit. In die bos is die jong bul dood aangetref met 'n gapende slagtandwond agter die blad wat tot in die hart deurgedring het.
                                                                                                                             
Die vermoede is dat die jong bul te veel attensie gegee het aan een van die koeie in die trop en dat die ou kuddebul eksepsie geneem het en hom op slag gedood het met een geweldige stormloop.
                                                                                                                            
Om die olifante mak en genaakbaar te maak, word hulle reeds 'n paar jaar al deur die opsigter op lemoene gevoer, sowat 100 tree van sy woning af. Die proefneming het baie goed geslaag, want talle van mense besigtig die olifante feitlik elke aand wanneer hulle kom vir hierdie snoepery. Kort na donker ry mnr. Johnson met sy motor na die olifante, wat sy motor reeds ken en nie daarvoor vlug nie. Op sowat 50 treë afstand van die olifante word die ligte aangeslaan en dan kan die olifante selfs van die huis af gesien word, terwyl hulle rustig lemoene eet. Besoekers mag agter mnr. Johnson se motor bly as hulle die skouspel van nader wil besigtig. Soms is daar 50 besoekers op een aand.
                                                                                                                           
Mnr. Johnson verdien alle lof vir die moeite wat hy hom getroos het om die olifante makker te maak, want hulle was taamlik sku nadat maj. Pretorius, op bevel van die regering, 'n aantal jare gelede hulle in groot getalle afgemaai het, omdat hulle 'n plaag begin word het vir boere in die omgewing.
                                                                                                                  
Besoekers wat hierdie seldsame skouspel van olifante in die wilde staat op sowat 50 treë wil aanskou, moet mnr. Johnson, die opsigter, kennis gee (telefonies) van hulle voorgestelde besoek en dan voor sononder by sy woning opdaag, kort anderkant die Coerney-hotel op die Port Elizabeth - Somerset Oos pad.
 

  --------------------------------------------------------------------

 
           


DIE vier Oos-Kaapse kinders wat gister in Johannesburg voor die TV-kameras opgetree het vir die jeugprogram Kraaines se talent-kompeti- sie. Voor is die Coleske-boeties, Arnold (9) links en Ewald (10) en agter Marinda Claassen (17) van Kirkwood en Ronel Erasmus van P. E. (11 Junie 1981).
(Oom Jurie het ‘n goeie oog vir talent gehad – die Coleskes het baie beroemd geword. Marinda is die dogter van Fanie en Ellis Claassen.)
-----------------------------------------------------------------------
                      Cadbury
Berig in die Oosterlig – 1980:
IEMAND wat baie goed vertroud is met die geskiedenis van OosKaap land is mnr. H. J. (oom Jurie) Goosen van Kirkwood. Hy vertel dat daar aan die beginjare van die huidige eeu 'n spoorwegwerker op Alicedale was met die naam Cadbury. Hy was so behoeftlg dat hy nie ‘n stoof kon bekostig toe hy getroud is nie. Sy vrou moes kos gaarmaak op yster- stawe wat oor bakstene in die vuurherd in die kombuis gerus het. Die kos het hoofsaaklik bestaan uit stampmielies.
                                                                                                                                 
In Bourneville, Engeland, het sy vader gesterf en Cadbury erf toe 'n lekkergoed-winkeltjie en 'n paar honderd pond. Hierna is Cadbury en sy vrou Engeland toe om voort te gaan met die lekkergoedwlnkeltje. Hy het daar 'n reuse sukses van gemaak en is die grondlegger van  Cadbury sjokolade produkte.
                                                                                                                  

Skenking
In die dertigerjare het Cadbury en sy vrou Alicedale weer kom besoek. Hulle wou weer die rooi baksteenhuisie sien waar hulle hul getroude lewe in armoedige omstandighede begin het. Maar met hierdie besoek was Cadbury natuurlik 'n vermoënde man. 'n Gesellige dansparty is vlr hulle gereël en hy en sy eggenote het lustlg saam met 'n paar ou ken- nlsse gedans.
                                                                                                                             
By die geleentheid het hy skenklngs gemaak aan al die kerkgenootskap pe op die dorp. Mnr. Goosen se ouers was nie op die dansparty nie en toe sy moeder van die skenkings hoor, het sy later aan Cadbury in England geskryf dat daar ook 'n N.G. gemeente op die dorp is. Hy het toe 'n tjek aan die gemeente gestuur.
                                                                                                                            
Mnr. Goosen sê dat sy moeder 'n uitstekende brlefskrywer was en dat sy die stukkie geskiedenis sorgvuldig vlr hom aangeteken het, anders sou niemand dit geweet het nie.
-----------------------------------------------------------------------

                   Zuurberg Pass
I received the following request from mr. A.S.(Tony) Murray of 12 Grotto Rd., Rondebosch (T/F: 021 6898951):

I am the Chairman of the History and Heritage panel of The SA Insti- tution of Civil Engineering, and am involved in writing biographies of civil engineers who worked in this country in the 19th century. I have been given your name as a specialist on the history of the Addo area.
    A line of enquiry concerns one Mathew (or Mather) Woodifield who was the Assistant Colonial Engineer in the 1850's. According to an article in Getaway magazine on 1999, Woodifield met his death in 1855 when he and his horse plunged over the Zuurberg Pass at a spot still known as Woodifield's Krantz. The date is apparently inscribed on the rock.
    However there is indisputable evidence that Woodifield presented evidence to a Select Committee of the Cape Legislative Assembly in 1857, and there are further reports that he was transferred to Cape Town on promotion in 1865. However there is no record at the London Institution of Civil Engineers that he ever transferred to full membership - which would have been expected of someone of his status and experience. It is thus possible that he did meet an untimely end - but not in 1855. Did the incident perhaps take place in 1865? - or is there some other explanation?
    I would be grateful if you could throw any light on the subject.
                                                                                                                                

I ANSWERED HIM:

The local story is rhat he died at Woodifields Krantz (His name and date is still inscribed on the krantz.) However, Margaret Harradine, previously the P.E. Librarian and historian, wrote in a piece on the old Zuurberg Inn that the Zuurberg Pass ..."was commenced by Henry Fancourt White .... and finished by his successor, Matthew Woodifield."
    The only other reference to Woodifield is from Cory's "The Rise of South Africa" Vol. 5, p.498 where he mentions that Queenstown was laid out in 1853. "With a view to defence and possible attack, mr. Surveyor Woodefield, in planning this township, departed from the the usual procedure of arranging the streets at right angles. A large hexagonal space was formed and from this the streets radiated in different directions.
                                                                                                                               

TONY MURRAY WROTE BACK:

Thank you for the most interesting report back. I am planning to visit the Zuurberg Pass and will have a look at Woodifields krantz. It is interesting that your reference quotes Woodifield as having laid out Queenstown, which I will add to his accomplishments. Bulpin says the town was laid out by surveyor Bowker, but I can't find any reference to such a surveyor in the survey records and it may be that Bowker was the owner of the farm - they have always owned land in that vicinity. The information that White started the pass coincides with our records. I attach a brief article on Fancourt White which may be of interest to your readers.
    I will have to look a bit further to find the real end of Mr. Woodifield.

I THEN WROTE BACK:
    The Queenstown story becomes interesting. F.C. Metrowich in his book, "Assegai over the hills" also credits Thomas Holden Bowker as the founder of Queenstown. He was the son of one of the 1820 settlers who farmed in the area. Interestingly, he stood for president of the Orange Free State in 1863, but lost the election against John Henry Brand.
    Metrowich writes in his book: "Thomas Holden, the fourth son, was the founder of Queenstown and designed its famous Hexagon. Original- ly all the streets of the town led out from the sides of the Hexagon like the spokes of a wheel. The idea was that if the inhabitants were surpri- sed by a sudden Native attack all they had to do was to run towards the centre of the town, to reach the sanctuary of the fort there. Bowker's Kop, a prominent mountain in the district, commemorates his name."
   Perhaps it was his farm or he was involved with the planning as a military man after the border war that ended in 1853. Please let me know if you manage to solve the riddle of Woodifield.
Stef Delport

AFTERWARDS I FOUND THE FOLLOWING ARTICLE:

                        THE ZUURBERG PASS:
    Shortly after Sir George Napier's appointment as Governor of the Cape in 1838, he visited the Eastern Province. He was appalled at the state of the roads and subsequently devoted much of his energies towards improving the communications between the Mother City and the eastern parts of the Province.
    When the Montagu Pass had been completed in December, 1847, the entire gang of 250 convicts was transferred from there to the Zuurberg, in order to commence a road that would provide a direct route from Port Elizabeth to the districts of Graaff-Reinet, Somerset East, Cradock and Colesberg across what was described as "another impossible mountain range."
    The road party under Inspector Fancourt White commenced in January 1848 at Doorn Nek and after only 8 miles (13 km) of the road had been completed, the convict gang was withdrawn in 1850 and stationed around Port Elizabeth because renewed trouble with the Xosas had started and it was not considered safe to have the convicts working in a hazardous region. According to a report of the Central Road Board, building of the pass was resumed at the cessation of hostilities in 1853.
    In a letter dated 27th January, 1857, the assistant civil engineer of the Colony, Mat. Woodifield, reported to the Board from his office in Port Elizabeth: "The main strength of the gang has been employed during the year in widening, forming, draining and metalling the road between the first Great Zuurberg ridge above Boontjies River, and the cut between Stroebel's and Wolwekop. Out of this entire length of about 15 miles, 13 miles may be said to be finished, and in first rate repair."
Of the already completed section of the pass he writes: "Much damage has been caused to the road by careless driving, renaming with iron remschoen and locking wheels" .... "By the present ordinances, it is impossible to put a stop to these practices; but by a slight modification of the road magistrate's ordinance, this grievance could be easily remedied.". . . . "Mr Stretch has informed me of his intention of bring ing this matter to the notice of the Legislative Assembly during this session."
    Mr Woodifield further states: ". ... it is possible that the road from the bottom of the mountain on the north side, to the top of the main ridge, will be completed in eighteen months."
    The entire Zuurberg Pass, 37 km (23 miles) long was opened to traffic in 1858, more than 10 years after Fancourt White (the builder of the Montagu Pass) and his convict gang moved onto the site.
H.L.H.
                                                                                                                           
Sources: Reports of the Central Board of Commissioners for Public Roads in the Cape 1848-1858.


If any of our readers know anything more about the elusive Mat Woodifield, please contact me at 042-2301311 or stef@kirkwood.co.za                                                                             ------------------------------------------------------------------
 

     Henry Fancourt White - By A.S. Murray
    White is one of the less documented engineers in our history, but he will be will long be remembered as the creator of the Montagu Pass, and as the original owner of Fancourt, the world-class golf estate.
     He was born in Yorkshire in 1811 and arrived in the Cape with his parents as part of the British 1820 settlers. His family were allocated land at Riviersonderend, but eventually settled at Assegaaibosch.
    He left the country and obtained surveying and pass-building expe- rience in Australia and arrived back in South Africa in 1843, where he was appointed as a Roads Inspector with the newly constituted Central Roads Board. He was responsible for building the main road between the Gouritz river and George, and in 1845 he was appointed superinten- dent of construction for the Montagu Pass. This excellent route to the interior was the third properly engineered pass in the colony, and served for a hundred years until superseded by the modern Outeniqua Pass. The construction, completed in 1847, was acclaimed as a major step in improving communication in the country, and remains White’s lasting achievement.
    On completion of this work White built the road from the top of the pass through the Langkloof to Port Elizabeth, and the Zuurberg and Howison’s Poort passes in the Eastern Cape. After a disagreement with fellow engineer Woodford Pilkington, son of the Colonial Engineer, he left the Roads Board in 1853 and briefly entered politics as the member for Algoa Bay. He retired to live in the mansion he built at the foot of the Montagu Pass which in modern times has become a world renown- ed golf estate, Fancourt, venue for the 2003 President’s Cup. The village of Blanco which he developed nearby is named as a variation of his surname. He died there.
-----------------------------------------------------------------------

              Anglo-Boere Oorlog
Mev. Emmarentia Ferreira, (e-pos: emm11@absamail.co.za) het ‘n tydjie gelede die volgende oor die Anglo-Boere Oorlog in die Kirkwood omgewing ingestuur. Ek het heelwat navraag gedoen om meer inligting oor hierdie insident te verkry, maar sonder sukses. (Sien verdere kommentaar na einde van stuk.) :
        1.FOURIE:                                                                                                                
Die weduwee Maria Johanna de Lange, geb. Bosch 1840/ 41, het op die plaas Kruisrivier, Glenconnor gewoon. Haar suster was met ‘n Fourie getroud, en aangesien die egpaar redelik jonk oorlede is, het sy hul kinders ook grootgemaak. Vermoedelik was hierdie dan een van die Fourie kinders.
   Tydens die inval van die Boeremagte in die Kaapkolonie 1901/2, het Maria se seuns by die Kommando onder leiding van Smuts, aan- gesluit. Daar word toe besluit dat Fourie sal agterbly om te help met die boerdery en om die vrouens op te pas. Toe die Engelse Fourie sien, het hulle hom summier doodgeskiet. Die Kleurlinge (meelopers) het toe opdrag gekry om die lyk te bewaak. Eers na 10 of 11 dae, het die Engelse magte verder getrek en kon die weduwee die erg ontbinde lyk begrawe.
   Ek het in my besit ‘n foto van ene Sagrys Fourie. Ek vermoed dat dit moontlik hy kon gewees het. ‘n Netjiese persoon, geklee in ‘n kakie uniform. Indien dit hy was en hy tydens hierdie ongelukkige voorval in kakie geklee was, en gedagtig dat die Engelse ‘n bevel uitgevaardig het, dat niemand die soldate se klere mag dra nie, is dit nie snaaks dat hy geskiet is nie.
   Hierdie voorval is verskeie kere deur my ma aan my vertel. Later het ek dit ook by ‘n oom van my gehoor. ‘n Ou inwoner van daardie area het dit ook aan my broer meegedeel. Emmarentia Ferreira.
                                                                                                                                

2. Stef Delport se kommentaar:  
                                                      
Ek vermoed dat hier naamsverwarring ingetree het. Arie van Onselen het as stiefkind by ‘n Fourie-egpaar op Glenconnor grootgeword. Hy, Henry Rittenberg en Cornelius Vermaas is op die plaas Brakkefontein, naby Glenconnor, doodgeskiet deur die Engelse, vermoedelik omdat hulle Engelse uniformstukke aangehad het. Hulle was deel van Genl. Smuts se kommando en Arie wou juis die volgende dag sy verjaardag by sy stiefouers gaan vier. Die Engelse wou nie dadelik toestemming gee vir hul begrafnis nie en hulle is eers na ‘n paar dae begrawe. Van Onselen en Rittenberg in die Kariega begraafplasie direk langs die hoofpad Graaff-Reinet toe en Vermaas in Uitenhage. (Sien Dirk Schel- lingerhout se bydrae hiernaas oor hul grafte.) Na die Fouries se dood het hy dalk by die De Langes gebly.
                                                                                                                                 

3. Kruisfontein:
Orpa Dorfling skryf in haar boek: My Plek, My Mense oor die plaas Kruisfontein in die Moot:
   "Kruisrivier, die plek waar 'n kleiner spruit kruis met die Sondagsrivier, was in die vroeëre jare 'n gedeelte van Die Dorings. Hier langs die rivier het die De Langes gewoon. Johannes Frederick de Lange, gebore op 24 Mei 1831, sterf op 14 Januarie 1886 en word hier te ruste gelê. Later sou hierdie plaas Dorfling-eiendom word.
   Gedurende die Eerste Wêreld-oorlog word Christiaan Frederick Dorf- ling, gebore 19 Mei 1900, opgeneem te Potchefstroom. Met die uitbreek van die Eerste Wêreld-oorlog in 1915, was oom Chrisjan vyftien jaar oud. Hy kon nie wag vir sy sestiende verjaarsdag nie en lieg homself in uniform in, tot binne-in Duitswes, saam met oupa Frans. Hy doen swartwaterkoors op en beland vir 'n geruime tyd in die hospitaal op Robbeneiland.
   In 1947 koop oom Chrisjan, soos ons hom genoem het, en Daniel Nortje Gouws saam die Die Dorings, 1 060 morg groot. Die gedeelte waarop oom Chrisjan geboer het, was dus 530 morg groot, maar word eers in 1964 wettiglik verdeel tussen die twee goeie vriende.
   Sy seun Christie (Basjan) Dorfling (wat onlangs oorlede is) het daar geboer tot die staat dit uitgekoop het vir die Oranje-Sondags Water- skema." Tans is dit deel van die Addo Olifant Nasionale Park.
                                                                                                                              

4. Verdere inligting: Intussen is verdere kommentaar van Emmerentia Ferreira ontvang. Sy skryf:

   Die Fourie-voorval en die ander drie manne wat doodgeskiet is, is twee aparte voorvalle. Helena Catherina de Lange (gebore 27.2.1885) en jongste dogter van Johannes Frederik de Lange & Maria Johanna be- vestig dit dan ook in 'n brief aan haar kleinseun. Ek het dit ook by my ma en verskeie ander familie lede gehoor.
   Intussen het ek ook tot die slotsom gekom dat hierdie Sagrys Fourie heelwaarskynlik die seun van Thomas Frederik Fourie (gebore Kruisrivier 1851 en oorlede Bothaskraal 13.12.1885) & Susara Catharina Johanna Aletta de Beer was, nl. Zachareas Johannes (gebore 15.4.1884).
   Die foto wat ek in my besit het, is heelwaarskynlik sy pa, want die persoon is reeds volwasse en die foto is op Kimberley geneem - heel waarskynlik gedurende die tyd wat Johannes Frederik de Lange trans- port gery het, en Cecil John Rhodes in Kimberley was, want gedurende daardie tyd was hulle baie betrokke by Rhodes.
                                                                                                                               

5. Stef se verdere kommentaar:

Die De Langes het in hierdie tyd Cecil John Rhodes met ‘n slap riem gevang. Hulle het ‘n myn hier op die plaas Brakkefontein in die Moot (tans oom Gideon en tannie Chrissie Joubert s’n) met goud-erts vanaf die Rand gesout en Rhodes so oortuig dat dit ‘n nuwe groot goudvonds is. Rhodes het die plaas in 1882 gekoop en sonder sukses verder pro- beer myn. Hy het sy broer Arthur toe hier op Brakkefontein laat boer, waar hy in 1936 oorlede is. Die oorblyfsels van die ou myn is nog daar.  Ook hier op Brakkefontein is die drie burgers in 1901 doodgeskiet.
                                                                                                                           
Indien enigiemand meer weet omtrent die Fourie verhaal van Emme- rentia Ferreira, kontak my asb. by 082-6571960 of stef@kirkwood.co.za
--------------------------------------------------------------------------
 

Waar Slagboom se naam vandaan kom
                                                                                                                                 
In sy "Journal of a visit to South Africa in 1815 and 1816" (waarvan ek onlangs 'n kopiè bekom het) beskryf Eerw. C.I. Latrobe, die stigter van die Enon Sendingstasie, o.a. sy reis vanaf die Kaap na die Sondagsrivier vallei en sy tak, die Witrivier, waar hulle die plaas van mnr. Scheepers besoek. Hier het hy die Enon Sendingstasie aangelê.

 
                                                                                                                              
Hy beskryf dit as volg: “We directed our course towards a range of woody hills, and into a valley, through which the Witte Revier runs into the Sunday's river. At the farm of Jacobus Scheper, senior, the valley contracts, so as to form a glen, its entrance shaded by large trees. Here a party of footsoldiers, occupied a military post. The old farmer was not at home, but his wife and daughter received us in a friendly way. We produced the order from the landdrost to her husband, to show us his landmarks, and the unoccupied land, (to be used for the mission station) but did not trouble her to give us a guide, the Hotten- tot soldier being well acquainted with the place…….”
   “After several times crossing the river, we entered upon the premises belonging to mr. Scheper jnr. The farm lies in a most romantic situation, at the bottom of an amphitheatre of lofty hills……we all agreed that it was one of the most beautiful spots we had seen  during the whole journey.”
   “The old farm-house and outhouses were demolished by the Caffres, about fifteen years ago. The present dwelling, put up in place of the house burnt by those ferocious invaders, is a hovel, not much better than a Hottentot's bondhoek. We found Mrs. Scheper at home, and met with a friendly reception. Some dragoons stationed here, seemed like- wise pleased with a visit from their countrymen. If this delightful spot were situated in a country, where protection might be had from wild beasts, and still wilder men, it would be coveted by every lover of fine scenery, and fetch a great price.”
  “Mrs. Scheper, grew eloquent in describing their situation: What signifies, said she, our building a good house to live in, and substantial and expensive premises, in a place like this, when, before we are aware, the Caffres push through the wood, set all on fire, and murder those, who cannot save themselves by flight? What pleasure can we have in a fine garden, stocked with good fruit trees, and garden stuff, when, after all our trouble, the elephants descend from the kloofs, break through fences and railings, as if nothing was in their way, pull up or tear to pieces our trees, trample down or, devour all our crops, and lay the whole garden awaste? No, we must make shift as well as we can, and the less we have to lose, the less we have to regret.”
   “We were told, that some time ago, a soldier, walking alone, came suddenly upon an elephant, Whether the soldier made the first attack or not, is not known, but the elephant, after treading off his leg and thigh, hip and all, threw the body into the bushes. The limb, trodden to pieces, was found in the road, with his cap and accoutrements, but not the body, till after some days.”
   "When we left this beautiful spot, Mr. Scheepers accompanied us for several miles. Our road to Kourney (Coerney) lay over a steep, stony hill, thickly covered with almost impenetrable bushes, at the top of which, during the war (1811-12?), the Caffres placed a huge beam, at each end fastened with thongs to the trees, hoping thus to prevent the boors and soldiers in the valley from following them, to recover cattle, or to attack them. From this circumstance, the place has acquired the name of Slagboom (turnpike-bar).”
---------------------------------------------------------------------
 
            WYSHEDE
DIS WONDERLIK OM 'N MAN TE WEES
Jou maag steek gewoonlik jou groot heupe weg.
Jy kan jou naels met 'n knipmes uitkrap.
Jy hoef nie laer as jou nek te skeer nie.
Jy het vryheid van keuse of jy 'n snor wil groei.
Motorwerktuigkundiges vertel jou die waarheid.
Trouplanne sorg vir hulself.
Jy gee nie om of niemand oplet of jou hare gesny is nie.
Jy hoef nie na 'n ander vulstasie te ry omdat hierdie een vuil lyk nie.
Trourok R10,000 --- Aandpak R500 te huur.
Mense kyk nie na jou bors terwyl hulle met jou praat nie.
Telefoonoproepe is in 30 sekondes oor.
'n Vyfdag-vakansie benodig net een tas.
Jy kan al jou eie flesse oopmaak.
Jy kan jou eie kos doodmaak.
Jy kan die motel se bed onopgemaak laat.
Indien iemand vergeet om jou na 'n geleentheid te nooi, dan bly julle nog vriende.
Jou onderklere kos R30-00 vir 'n pak van drie.
As jy 34 jaar oud is en ongetroud is, let niemand dit op nie.
Jy hoef nie die huis skoon te maak voor die huishulp kom nie.
Jy kan by 'n vriend inval sonder om vir hom 'n geskenkie te neem.
Daar word nie van jou verwag om die name van vyf kleure te ken nie.
Jy hoef nie te twyfel oor watter kant toe om 'n moer te draai nie.
Jy kan Kersfeesgeskenke vir 25 mense op 24 Desember koop.
Uit: Lag vandag nog ‘n slag.
-----------------------------------------------------------------------

THIS IS AN ACTUAL AUSTRALIAN COURT CASE.
DOCKET 12659: THE CASE OF THE PREGNANT LADY
   A lady about 8 months pregnant got on a bus. She noticed the man opposite her was smiling at her. She immediately moved to another seat. This time the smile turned into a grin, so she moved again. The man seemed more amused. When on the fourth move, the man burst out laughing, she complained to the driver and he had the man arres- ted.
   The case came up in court. The judge asked the man (about 20 years old) what he had to say for himself.
   The man replied: "Well your Honour, it was like this. When the lady got on the bus, I couldn't help but notice her condition. She sat under a sweets sign that said: The Double Mint Twins are Coming and I grin- ned."
   "Then she moved and sat under a sign that said: Logan's Liniment will reduce the swelling, and I had to smile. Then she placed herself under a deodorant sign that said: William's Big Stick Did the Trick, and I could hardly contain myself."
   "BUT, your Honour, when she moved the fourth time and sat under a sign that said: Goodyear Rubber could have prevented this Accident...I just lost it."

" CASE DISMISSED!!"
----------------------------------------------------------------------
 

Bill Gate's speech to a High School in Visalia, CA:
                                                                                                                               Bill Gates recently gave a speech at a High School about 11 things they did not and will not learn in school. He talks about how feel-good, politically correct teachings created a generation of kids with no con- cept of reality and how this concept set them up for failure in the real world.
Rule 1 Life is not fair - get used to it!
Rule 2 The world won't care about your self-esteem. The world will expect you to accomplish something BEFORE you feel good about yourself.
Rule 3 You will NOT make $60,000 a year right out of high school. You won't be a vice-president with a car phone until you earn both.
Rule 4 If you think your teacher is tough, wait till you get a boss.
Rule 5 Flipping burgers is not beneath your dignity. Your grandparents had a different word for burger flipping - they called it opportunity.
Rule 6 If you mess up, it's not your parent's fault, so don't whine about your mistakes, learn from them.
Rule 7 Before you were born, your parents weren't as boring as they are now. They got that way from paying your bills, cleaning your clothes and listening to you talk about how cool you thought you were. So before you save the rain forest from the parasites of your parent's generation, try delousing the closet in your own room.
Rule 8 Your school may have done away with winners and losers, but life HAS NOT. In some schools they have abolished failing grades and they'll give you as MANY TIMES as you want to get the right answer. This doesn't bear the slightest resemblance to ANYTHING in real life.
Rule 9 Life is not divided into semesters. You don't get summers off and very few employers are interested in helping you FIND YOURSELF. Do that on your own time.
Rule 10 Television is NOT real life. In real life people actually have to leave the coffee shop and go to jobs.
Rule 11 Be nice to nerds. Chances are you'll end up working for one.
                                                                                                                                  --------------------------------------------------------------------------
     Kuier in die Kombuis
1. Ostrich fillet in nartjie sauce:
Ostrich meat is very low in fat and cholesterol. For a healthy meal try it with nartjie sauce.
                                                                                                                                 
Serves 4:
500 g. ostrich fillet 5-7ml (l-l½tsp)                                                                
beef stock powder                                                                                                 
juice and grated peel of 1 large orange                                                           
65 ml (cup) medium cream sherry                                                                    
15ml(1tbsp) honey                                                                                        
milled black pepper                                                                                              
30ml(2tbsp) sunflower oil                                                                                  
2 nartjies, peeled and segmented
                                                                                                                             
Rub ostrich fillet with beef stock powder and place in a shallow dish.  Mix orange juice and peel, sherry, honey and black pepper. Pour over fillet and marinate for at least 1 hour, if possible. Preheat oven to 200 °C. Pour oil into a roasting pan and heat in oven for a minute or two. Remove fillet from marinade and place in hot oil.  Roast for about 5 minutes, brush with marinade, add nartjie segments and roast for a further 5-10 minutes, or until cooked. Serve with roast potatoes and steamed vegetables.                                    

                    -----------------------------------------------
                                                                                   
2. Biefstuk en Niertjie Pot:
                                                                                                                              
Met lente in die lug raak dit weer tyd om buite te kuier. Probeer gerus hierdie heerlike potjie oor die kole.
Kors:                                                                                                                        
4 k koekmeel                                                                                                         
250-500 g botter                                                                                               
½ pak skyfies (kaas en uie gekrummel)
                                                                                                                              
Braai baie uieringe en skywe sampioene. Voeg beesvleisrepies en blokkies niertjies by. Meng een blikkie Farmstyle boontjiesop met bietjie water en voeg by. Gooi ongeveer ¼ bottel ligte sojasous by. Voeg 1½ liter water by.
Prut vir 40 minute en gooi korskrummels oor. Plaas deksel op pot en gooi kole op deksel. Prut tot gaar.
Strooi fyngekapte pietersielie oor en bedien met lekker groen- slaai.
--------------------------------------------------------------------------
                                                                                                                              
BOODSKAP VIR DIE MAAND
DIE OLIEKANMAN:
Lees: Kolossense 3:12-17 "Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees." (12)
                                                                                                                                 
Op 'n plattelandse dorpie het 'n man gewoon wat die "Oliekanman" genoem is. Hy het oral 'n kannetjie olie met hom saamgedra. As hy by 'n hek ingaan en die skarniere skree, drup hy 'n bietjie olie daarop. Gaan hy by 'n deur in en die slot is stram, kry die slot 'n bietjie olie. Kom 'n kruiwa verby en die wiel draai piepend, verwyt hy nie die man wat swaar aan die vrag stoot nie, hy gee die wiel olie. Van hom het die mense gesê: "Hy maak die pad makliker vir almal wat ná hom hierlangs verby kom."

Ons leef in 'n krakende, piepende, stram wêreld met baie misverstand, konflik, klagtes, ongeduld, verwyte, kritiek, foute daarin. Ons kan bydra tot hierdie onaangenaamhede in ons omgewing, of ons kan dit makliker maak vir ander. 'n Woordjie van lof hier, 'n simpatieke gesindheid daar, is goeie olie vir 'n stram samelewing.

So 'n goeie lewenshouding kom nie uit ons menslike geaardheid nie. Dit is uit 'n hart, waarin die Gees van die Here Jesus Christus woon, dat die woorde, dade en gesindhede kom, wat ons verhoudinge met mekaar makliker maak. "Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie. Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle" (Rom.8:8,9). "Die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing." (Gal.5:22).
                                                                                                                            
Gebed: Here, vandag wil ek met my woorde en gesindhede vir ander die lewe makliker maak.
Manie Colyn
--------------------------------------------------------------------
N.G. GEMEENTE SONDAGSRIVIER
                                                                                  Kerkbasaar – September 2006
   Die kerkbasaar was vir meer as honderd jaar die tradisionele geleent- heid van samesyn in al die N.G. Gemeentes. Vir amper twintig jaar het ander geleenthede soos Kontreifeeste en Saterdag-verkope egter sy plek op Kirkwood ingeneem. Wat ‘n plesier om dus weer ‘n tradisionele kerkbasaar soos ons daarmee grootgeword het, op ‘n Vrydagaand in die Voortrekkersaal te kan geniet.
   Lekker braaivleis, gemengde basaarpoeding, koffie, koeke groot en klein en die lekker kuier het dit ‘n besondere geleentheid gemaak in ‘n tyd waar kanse vir saamkuier van gelowiges al hoe skaarser word. Die beskikbaarheid van genoeg sitplekke binne en buite het daartoe byge- dra. Opvallend was die uitbundigheid van die kinders – vir die hele ge- sin dus ‘n wonderlike kuierplek. Hierdie keer was daar selfs ‘n Fontein vir die dorser mense.
   Gelukkig beleef die vallei vanjaar weer ‘n goeie sitrusjaar en die men- se het gekoop, ge-eet en gespeel vir die vale – vandaar die rekord be- drag van meer as R162,000 deur die dankbare gemeente byeenge bring Hierby is nog R114,000 ge-in met skenkings van kratte uitvoersitrus aan die kerk.
Stef Delport
--------------------------------------------------------------------------
               BRIEWE


5. Floors Bellingan soek Rosa en Elize
Elsa van Dyk skryf uit Pretoria:
Ek stuur hierdie e-pos namens my pa, Floors Bellingan, seun van wyle oom Wilhelm en tannie Margaret Bellingan. Hy het gebly in Kirkwood tot 1968, waarna hy vertrek het na Pretoria.

Hy wil graag hoor of jy enige kontak besonderhede het van Rosa Pretorius en Elize Erasmus? Ou klasmaats wat hy graag weer wil mee kontak maak. Indien julle dalk in kontak kom met hom wil kom is julle welkom om hom te skakel by 012 664 2598 of 082 540 2540.

Dankie

Elsa van Dyk
Finansiele Bestuurder
VGI Consulting Inc
Tel No. : 012 682 9162
               ------------------------------------------------------
6. The View from my Room:
Graeme Fraser writes about their move to the valley:
As you can see from the attachment we will soon be moving to your area. Veldra and I have an intense interest in publishing and also writing - so we hope to send you plenty of material for you to publish on your site. My own particular field of interest ranges from the purely motivational to other life skills such as negotiation, legal and taxation.

We are also both in the process of writing books on different topics.
Looking forward to meeting you when we are in the area.
Kind regards
Graeme Fraser                                                                               gfraser@mweb.co.za
 

Graeme’s Story:
(An extract from his newsletter: The View From My Room.)
                                                                                                                                 How many times in life do we get a second chance? Or, perhaps more importantly, when that second chance comes along do we grab at it excitedly or do we hesitate once more and let it slip away again.
   I was standing halfway up a hill in the thick Eastern Cape bush next to my friend for a number of years and business partner for the past 5 years. Everything we had planned had come crashing down. Not exact- ly due to our own design or even our own fault and we were both having to pick up the pieces and start again. Hansie spoke with enthusiasm about his vision of creating an ultra-modern citrus farm in the heart of South Africa’s largest citrus producing area, Kirkwood, in the Sundays River Valley. As with our previous activities. I too was caught up with the sense of adventure that Hansie exuded and could envisage looking out from the veranda of the yet to be built house, across the valley to- wards the setting sun, a hefty scotch whiskey and ice in my hand and proposing my favourite toast: “Life is tough in Africa!!”
   That was back in 1998.
   Now, some seven years later I was driving my combi through the pouring rain back to Kirkwood to spend the weekend with Hansie and his wife Marina on the aptly named “Sunset Farm”. The visit was long overdue and my intention was three-fold : to introduce my friend Vel- dra to Hansie, to introduce Veldra to the Sundays River Valley and to confirm what had been a constant thought on my mind since 1998 – I wanted to move to Kirkwood.
   The weather was miserable all weekend but the reception from Han- sie was as warm as the fierce fire we built in his diningroom on the Saturday night. On Sunday afternoon Hansie and Marina wanted us to go for a lunch-time drink at one of the regions favourite watering-holes “The Orange and Elephant” which is close to the Addo Elephant Park.      On the way there we took a drive through the tiny village of Sunlands, where Hansie had first rented a house and spoke about the possibility of my finding similar accommodation for Veldra and I in the area. Marina recalled that Charles Woolley had a small house on his farm where the tenants were about to vacate.
   Over our pre-andial drinks I asked Hansie to give Charles a call. The house was available and he would reserve it for us. Hansie’s grace at the meal removed all doubt. “Dankie, Here dat U my vriend terug na Kirkwood besorg het en seën hulle besluit om hier te kom vestig”.
                       -----------------------------------------------
7. Johan de Vries – die skilder:
Sy seun, Johan de Vries, skryf uit Londen:
   Ek dreig nou al n lang ruk om vir jou te skryf, maar kom nie so ver nie. So hier gaan ons.
   Jy sal seker my pa onthou, Johan de Vries, wat baie jare terug op Kirkwood skool gegee het, en miskien vir my ook, maar dit was baie lank gelede. Hy is ‘n paar jaar terug ook oorlede, so daar is nog ‘n groot gees wat geval het.
   Op die oomblik bly ek en my vrou en dogter in Londen (so lekker tussen die Ingilse). Ek lees gereeld die nuusbrief, net so om te sien wat aangaan daar in die plek wat ek grootgeword het. Ek kan sien daar is baie veranderinge, maar dis maar orals (in die nuwe Suid Afrika . . .)
   Kirkwood laat my altyd dink aan die Jakaranda bome wat in die dorp gegroei het, en ons as laaities (dis nou ek, Chris Smit, Francois Le Roux, Lukas Els en nog ‘n paar klonge) daar in die dorp se strate met ons fiets rondgejaag het, lekker goeie ou dae . . . . .
   Ek hoop dat van jou lesers sal kan help met my projek. Ek is op soek na fotos’ van my pa, van sy jare in Kirkwood. Of dit nou by die skool was, in die Kirkwood Kommando, uitstappies of wat ook al. Selfs as mense vir my koerant-uitknipsels kan scan en mail, sal ek dit hoog op prys stel. Ek wil so ‘n storie-boek tipe ding doen, wat ek dan op my website (www.potgooi.eu) gaan publiseer. Ek kort nogal baie foto’s van Kirkwood. So as mense so veel as moontlik vir my kan stuur, asb.
   Ek doen ook ‘n potgooi – Afrikaans vir podcast – so as daar enige iemand is wat wil luister, kyk op die werf (www.potgooi.eu) , en laai dit direk af. Dit is ek en my dogter wat sommer so oor alles en nog wat ge- sels. Sy praat Ingils, ek Afrikaans, en ek probeer haar weer Afrikaans leer, want sy het heeltemal verleer om dit te praat.
   As iemand my wil kontak, my e-pos is admin@potgooi.eu , of julle is selfs welkom om my te Skype (devries_joe). Ek sal graag van ou vrien- de in Kirkwood wil hoor. Ek kan selfs ‘n interview doen, dit opneem, en op die web uitsit.
   Sterkte met die webblad, en hou aan daarmee, ek vind dit baie goed, en dit laat my baie terugdink……… ek het julle ook geskakel op my webblad, so hopelik sal julle nog 'n paar lesers optel.
Groete vir eers.                                                                                            
Johan "Klei Lat" de Vries                                                                                
Die Moddereiland Potgooi (Podcast)  admin@potgooi.eu                                                                 www.potgooi.eu                                                                                         
skype: devries_joe  

 

Onderstaande berig het in die Burger (Nov. 1981) verskyn:

                 

                         Naweekrit op die Appeltrein
'N VROLIKE groep mense van Kirkwood — altesame 70 van alle ouder- domme — wat die naweek met die Appeltrein na Loerie en terug gereis het. Die Rapportryers van Kirkwood het onder leiding van mnr. Johan de Vries (by die neus van die lokomotief met swart snor en baard) die uitstappie gereel. Die groep het met 'n skoolbus na Port Elizabeth gekom om die rit mee te maak. Ander mense het van so ver as Oos-Londen gekom om saam met die groep te reis.
-------------------------------------------------------------------------

                               NEEFSNAWEEK

       
                                                                                                                              Die klomp Delport neefs tydens hul Neefsnaweek te Keurboomstrand.
Voor staan v.l.n.r: Leon Delport (Eiendomsbestuurder van Kirkwood),
Tertius Delport (Oud-Minister en L.P. van P.E.), Eric Olivier (afgetrede sitrus- boer van Kirkwood), Andrè Olivier (afgetrede skoolhoof van King Williamstown) en Koosie Delport (N.G. predikant van Stellenberg in die Kaap.
Agter staan v.l.n.r.: Eben Olivier (Adj. Direkteur van Sport by N.M.M. Univ. in P.E.), Koos Delport (Groepbestuurder Menslike Hulpbronne van Parmalat vanaf Durbanville), Willie Delport (vee-arts vanaf Grahamstad en O.L.), Gerard Delport (Prokureur van Linden, Johannesburg), Stef Delport (Sitrusboer en Stadsraadslid van Kirkwood), Piet Delport (pro- kureur van P.E), A.J. Delport (Sake-konsultant van Eversdal, Bellville) en Kobus Delport (Belastingpraktisyn vanP.E.)                                               --------------------------------------------------------------------------
                   SPORTRUBRIEK
Rugby Herinneringe:
Gerard Delport gesels oor vroeër dae se rugby op Kirkwood:
   Ons was nou die ander dag so ’n paar rugbymanne bymekaar, en soos dit gewoonlik maar gaan, het ons heerlik in die verlede gelewe. Hulle sê mos “the older I get, the better I was”! Dit was net nodig vir een van die manne om te vra: “Onthou julle nog….?”
Daar is so baie stories rondom Kirkwood se rugby dat mens ’n boek daaroor kan skryf. En dan praat ek nie eers van die “ou dae” nie! Die dae van Johan Swart, Jan Tappels, Calla Potgieter, Atties van Greunen, Carel de Wit; en laterlik Kleinjan Potgieter, Malvern Tibshraeny, Jacques de Bruyn en Bill Kunneke. Dit was manne wat plaaslik legendes geword het.
   Destyds was dit die algemene ding dat toeskouers se motors reg rondom die veld geparkeer gestaan het – in daardie dae het mense selfs nog die junior ligas ondersteun. Dan praat ek nie eers die onbe-hoorlike voordeel wat tuis skeidsregters (en vlagmanne!) jou span gebied het nie. Ek onthou baie goed hoe oom Erasmus (Johan-hulle se pa) altyd die span aangemoedig het met ’n “Voete, Kirkwood, voete!”
   My eie betrokkenheid by die klub strek maar eers hier van 1977 af toe ek van P.E. af Kirkwood toe getrek het. Ek het as gevolg van beserings in 1974 reeds opgehou ernstig speel, en gedink ek sal as afrigter by die klub kom uithelp. Die eerste Saterdag was daar egter al ’n man kort, en het ek maar my ou swak knie vasgedraai en uitgedraf.
   Met behulp van Eric Olivier en ouens soos Neels Stroebel wat onbaat- sugtig elke Saterdag by die hek gestaan het, was ek grootliks verant- woordelik vir die organisasie van die klub. Eric (toe al reeds in sy veer- tigs) het meer dikwels as nie, moes uithelp op heelagter, anders was daar nie ’n vol span nie. Ek het destyds losskakel gespeel en tussen ons het ons die opponente dikwels moedeloos geskop. Ek kon redelik goed skop met my regtervoet, en Eric het nog verder geskop met die linker. Afhangende van aan watter kant van die veld die spel was, het ons beurte gemaak om ons uit die moeilikheid uit te skop.
   Ek sal Eric se laaste wedstryd nooit vergeet nie. Dit was ons laaste tuiswedstryd van die seisoen. Die vorige week kon ons nie ’n span by- mekaar kry om op Thornhill te gaan speel nie, en moes ons aan hulle punte gee. (Dit was nogal een van die wedstryde wat ons heel waar- skynlik sou gewen het!). Gedurende die week skakel die voorsitter van die PE Onderwyskollege my toe om te hoor of ons ’n span het vir die Saterdag se wedstryd, want hulle wou nie al die pad van PE af ry as ons nie ’n span het nie. Hulle was een van die voorlopers op die punteleer, en het gedink dis blote formaliteit om ons te kom klop. Ek verseker hom dat ons nie ’n probleem het met tuiswedstryde nie, en dat ons hulle verwag.
   Maar soos dit nou maar gaan, daag daar dié Saterdag net 12 spelers op. Eric is gelukkig soos altyd daar (hy was immers president van die klub!), en ons hoor dat Tôto van der Merwe die naweek van U.P.E. af by die huis is. Hy is egter op daardie stadium op die trekker besig om te ploeg. Dit was voor die tyd van selfone, dus moes iemand hom fisies gaan roep. Ons organiseer iemand om hom te gaan haal, en stuur die polisie vangwa om die een voorryman, Wessels, by J C Steyn te gaan haal. Hy’t laat weet dat hy nie vervoer het nie.
   Ons oorreed toe vir Piet Oelofse (’n polisieman wat vir jare nie meer gespeel het nie!) om solank op die vleuel op te draf, en ons vat die veld met 13 spelers. Eric trek nog aan, en Tôto en Wessels is (hopelik) op pad. Piet Oelofse het gesê hy sal net vir so ’n rukkie uithelp.
   Ons was skaars op die veld of die Onderwyskollege gaan druk. Terwyl hulle aanlê vir die doelskop kom Eric toe op. Nou’s ons 14. Hy’t gesien ek is baie ongelukkig oor die toedrag van sake, en kom sê so ewe: “Moenie ‘worry’ nie man, ons gaan nou ‘settle’. ” “ ‘Settle’ met wát?” was my antwoord. Min het ek geweet hoe profeties sy woorde regtig was.
   Na so 10 minute of wat daag Tôto op, en is ons span vol. Wessels kom kort voor rustyd daar aan, en Eric reël daar van die heelagter af dat hy aantrek, en in die kleedkamer moet wag, maar sy hare en trui moet natmaak. Met rustyd sal Oelofse in die kleedkamer ingaan, en Wessels in sy plek uitkom en verder speel. Daar was nie in daardie dae iets soos plaasvervangers nie!
   Tot op daardie stadium het Johan Colyn, eintlik ’n vleuel, in die voorry gesak. Hy was lekker stewig gebou. Toe Wessels na rustyd opkom in Oelofse se plek, weier hy botweg om te gaan vleuel speel – hy geniet dit toe daar in die skrum. Die gevolg is dat ons met ’n gereelde vleuel op voorry, en ’n gereelde voorry op vleuel die res van die wedstryd klaarmaak. Ek wonder wat Jake White daarvan sou gesê het?
   Die spel het eintlik redelik gelykop verloop. Ons was ’n keer so op hulle 10-treë lyn toe Eric net agter die senters kom staan en kliphard roep vir ’n lang “pass”, hy wil skepskop. Ek het mos gesê dat hy kón skop. En toe hy die bal tref, toe draai hy nes Naas Botha sommer om sonder om eers te wag dat die bal deur die pale trek!
   ’n Rukkie later roep hy weer hard vir ’n lang “pass”. Die Kollege outjies sak op hom toe om die skepskop af te storm. Ek gee verby Eric uit na Tôto op senter wat reg deurhardloop sonder dat ’n hand op hom gelê word! En ons wen!!!
   Na die wedstryd sit ek en hy in die kleedkamer en nabetragting hou, toe die Kollege se kaptein daar na ons toe kom en vra: “Oom, laat ek asb. julle voete sien. Ek het nog nooit ouens gesien wat ’n bal so ver kan skop nie! Julle sal nog vratte op julle voete kry!”
   Ons het nog twee wegwedstyde vir die seisoen oorgehad, maar het hulle sommer summier gekanselleer. En so het Eric se rugbyloopbaan op 44 jarige ouderdom op ’n hoogtepunt geëindig – ’n oorwinning vir sy span, danksy ’n skepskoppoging van bykans 50 meter.
   Ek het nog ’n seisoen of wat aanhou speel maar op 37 die klub aan Boeram Venter en Piet du Preez-hulle oorgegee wat selfs daarin kon slaag om die liga te wen. Dis tragies dat die rugbyklub wat op ’n sta- dium so ’n prominente plek in die gemeenskap ingeneem het, uiteinde- lik moes doodloop.
   ’n Ander wedstryd wat ek altyd sal onthou, is dié teen die Ikey toer- span van 1966. Maar daarvan vertel ek volgende keer.
Groete van huis tot huis.
Gerard Delport                                                                                   gerdel@mweb.co.za                                                                                     September 2006
--------------------------------------------------------------------------
       VER OOR DIE DIEP BLOU SEE
                                                                                        Die Land van Lemurs Roep…                                                                                                                                                         
Charl Louw skryf uit Angola oor ‘n vakansie in Madagaskar:
(Charl Louw was vroeër by navorsing in die Addo Nasionale Olifantpark betrokke en is tans die enigste landskaps-argitek in Angola.)                                                                                                                             

   Dit is Oktober en die yweriges onder ons het sekerlik reeds volledige, uitgewerkte planne vir die Desembervakansie. Vir die van julle wat ge- lukkig genoeg is om meer as net Kersdag en Nuwejaar af te hê, maar nog nie verder as dit gedink het nie, hierdie artikel is net vir jou! As jy lus is vir avontuur en pure pret het ek net die plek wat jou beide bied én nog baie meer.
   Vir diegene wat dink dat Madagaskar net op die Discovery kanaal be- staan, lees verder en ek belowe jou, as jy nie oortuig is en reeds besig is om jou tasse te pak aan die einde nie, skenk ek aan jou een stan- daard lemur. Gratis en verniet.
   Madagaskar is definitief ‘n land wat jy moet besoek voor jy doodgaan en bied vir ieder en elk ‘n legio van moontlikhede en uitdagings. Die temperatuur in Desember is ook glad nie so erg as wat die brosjures jou wil laat glo nie. Die enigste tydperk wat jy liefs moet vermy is laat Januarie en Februarie wanneer siklone in die Ooste mag voorkom.
   Die land is verskriklik divers en die vier windrigtings verskil heeltemal van mekaar ten opsigte van klimaat en plantegroei wat weer op hul beurt ‘n unieke verspreiding van die tipe diere tot gevolg het. Die dorpies, hul mense en kultuur is so kleurryk soos ‘n laslappiekombers.    Die verskillende stamme het elk ‘n enorme lys van tradisionele disse, gebruike en taboes - so byvoorbeeld is lemurs ‘n delikatessen by die een groep, terwyl hul bure langsaan dit weer ten sterkste verbied.
   Vir die besoeker is daar ‘n string hotelle en ‘lodges’ om van te kies wat elke ou se sak en smaak sal pas. Dit is ‘n baie arm land, maar die mense is baie trots op hul herkoms en is altyd vriendelik en bereid om te help. Wees egter gewaarsku: as jy nie Frans praat nie is gebaretaal jou voorland! Min mense kan Engels praat, maar mens kom tog maklik reg en daar is gewoonlik een persoon in die restaurant wat vir jou kan verduidelik wat jy so pas bestel het. Produkte is baie goedkoop en groot winskopies kan in die vele straatmarkte onderhandel word. Dit is natuurlik ook een van die Spesery-eilande en vanilla, peper en kaneel, om net n paar te noem, is op elke straathoek te koop. Hoe meer tyd jy het om in die land te spandeer hoe beter! Ek was 3 weke daar en het net genoeg gesien om te besef dat ek nog nie veel gesien het nie.

 

            
                                                   Antanarivo

Ek het my eie reisplan opgestel en vertel jul dus hoe ek dit ervaar het. By al die plekke waar ons gebly het, was kontinentale ontbyt en aand- ete ingesluit. Tana (Antananarivo) is die hoofstad en dus die weg- springplek om die res van die land te verken. Dit vat jou 3 ure met ‘n vliegtuig en daar is amper daagliks vlugte vanaf JHB Internasionaal.   Ons eerste bestemming was in die reënwoude geleë wat in die Oos- telike deel van die land is. Die pad soontoe is redelik goed en kronkel op en af vir n paar ure. Moet dus nie n groot ete nuttig net voor jy dit aanpak nie. Jy kry utomaties ‘n 4x4 plus drywer vir die volle tydperk wat jy in die reënwoude rondrits, so dit kan nogal duur uitwerk as jy te lank bly. Daar is verskeie plekke om te bly en ‘n paar is binne in die woude self. Dié het hul eie wandelpaadjies sodat jy op eie gemak kan gaan soek vir reptiele en gediertes van enige grote en kleur.

         

Dit is ook hier waar ek my eerste lemur te sien gekry het. Vir diegene wat dink blou- apies is oulik om na te kyk - ek het uiters slegte nuus vir jou. Lemurs wen loshande sonder om eers te probeer! Ek het dadelik my hart verloor op hierdie wollerige diertjies met die laaang sterte en skerp neusies, spitsore en blink oë. Ek het van toe af permanent met halfryp piesangs rondgeloop, want dit is uitstekende omkoop materiaal.

           

                           
      
                                   Binnelandse Meer                                       
Van hier af na enige ander plek raak die paaie op en jy moet lug- of watervervoer aandurf. Ons drywer het ons met n rowwe grondpad gebring tot by een van die 3 binnelandse mere, heel aan die Oostekant van die land. Die inwoners het baie lank gelede, met die hand, hierdie mere met breë kanale verbind. Daar is net ‘n dun streep land tussen dit en die see maar omdat dit baie meer beskut en die water ten alle tye seepglad is word dit tot vandag toe nog as een van hul hoof vervoer roetes gebruik.

            

Ons volgende bestemming het vir ons op die rand van een van hierdie mere lê en wag. ‘n 2 uur bootrit later is ons vriendelik ontvang met gla- sies koue vrugtepons en die ‘local entertainer’ - n wilde, mak pappe- gaai.
   Hier het ons geswem, gewindsurf en natuurlik in die woud gestap op soek na lemurs. Die lodge is omring deur sy eie natuurreservaat, so lemurs van vele soorte was volop en het in elk geval elke oggend ‘n draai by die kombuis kom maak vir ‘n vinnige, gewaarborgde ontbyt. Die hutte was baie gerieflik, ver uitmekaar en elk met sy eie unieke uitsig oor die meer. Krag word verkry van ‘n kragopwekker wat in die aande afgeskakel word. Die etes was elke keer keurig bedien en baie smaaklik. Ek wat so gewoond is aan al my geriewe, kon dit net nie kleinkry dat al die geurige 3-gang geregte voorberei word in ‘n kombuis wat bestaan uit ‘n gas yskas, koolstoof en 2 lendelam tafels nie. Daar was nooit meer as 10 gaste nie en ons kon dus kies wat ons wil eet vir elke ete die volgende dag. Die ‘keuse’ was gewoonlik tussen vars gevangde vis of iets wat op die werf rondgeloop het, soos hoender of eend. Vier dae later het ons, met nog ‘n stadiger boot, hoër op gevaar tot by Tamarive en vandaar teruggevlieg Tana toe.

                                                                            St.Marie Eiland                                                                                                                              
Die volgende dag het ons met 'n klein vliegtuigie St. Marie toe gevlieg. St. Marie is ‘n kleinerige eiland aan die Oostekant en bekend vir wit strande en gesogte duikplekke. Die lodge waar ons gebly het, het weer- eens alle verwagtinge oortref. Enige vervoermiddel is daar te huur en ons het besluit op ‘n motorfiets om die eiland mee te verken. Vir twee dae het ons elke moontlike pad aangedurf om seker te maak ons mis niks uit nie en die soektog na die seerowers-begraafplaas het later soos ‘n regte skattejag begin voel. 

             

                              Op soek na die seerower begraafplaas

                                                                                                                                                   
Na elke dag se watersport, snorkel en verkenning het ons boonop gaan aansit vir 'n vyfgang maal! Na al die eiland-avontuur en elke aand se prentjiemooi sonsondergange het ons swaar afskeid geneem toe dit tyd was om terug te vlieg Tana toe. Die keer om weswaarts te reis sodat ons met eie oë na die wêreldbekende Boabab Avenue kan gaan kyk.

           

           
Madagaskar het 7 soorte Kremetartbome waarvan die 3 grootstes in die Weste voorkom. Vlieg is ‘n definitiewe moet en ‘n lang verblyf is nie aan te beveel nie. Die Westelike deel is die droogste, asook armste, deel van die land en behalwe vir die duisende kremetartbome is daar nie veel meer om te sien of te doen nie. Die plek waar ons gebly het was gerieflik maar glad nie in dieselfde klas as enige een van die ander nie. Een volle dag is meer as genoeg om die area te verken en twee dae later is ons toe weer vir oulaas terug Tana toe.

                        


Na ‘n vinnige draai vir die soveelste keer by die mark, die botaniese tuin/dieretuin asook ‘n kort besoek aan die krokodilplaas wat spesia- liseer in krokodil-sosaties het ons drywer heel paniekerig laat weet dat ons nou amptelik laat gaan wees vir ons vlug terug Suid-Afrika toe. Met halfgekoude sosaties in die hand het ons toe dadelik lughawe toe ge- jaag.
   Net vir die rekord, ons was toe wel betyds vir die vlug en boonop het die gawe dame by die inweegtoonbank my nie eers oorgewig laat be- taal vir die masiewe, propvol kartonboks wat ons tasse vergesel het nie. Ons het in die 3 weke wat ons daar was letterlik alles gedoen be- halwe valskermspring en ‘bungee’, so ‘n welkome slapie het vir ons op die vliegtuig gewag…
   As jy dit oorweeg om Madagaskar jou volgende vakansie-bestem- ming te maak, is jy welkom om my direk te kontak vir enige verdere inligting of aanbevelings.
Charl Louw                                                                                 charl.louw@sigmagroup
 

   


 

TOTSIENS TOT VOLGENDE MAAND

KONTAK ONS BY:

stef@kirkwood.co.za

0000000000000000000000000000000000000000000000