|
BERIGTE VAN 20
JAAR GELEDE:
Junie-September 1986
Mev. Rona Delport was
vanaf 1983 tot 2003 Kirk- wood se korrespondent van die Oosterlig
en daarna ook Die Burger. Hier
volg 'n paar berigte uit haar plakboek:
1.Kirkwood leerling blink uit in
Huishoud- kunde
Eie
Beriggewer
KIRKWOOD. - Hanlie
Nel, 'n Huishoudkunde-leerling aan die Hoërskool Kirkwood, is aange-
wys as een van die drie top leerlinge in 'n onlangse land- wye
Huishoudkunde-olimpiade. Die drie leerlinge is
genooi om na Stellenbosch te gaan waar uitstappies en lesings vir
hulle gereël is, asook 'n afskeids- dinee.
2. Vroue hoor meer oor sitrus:
Spesiale Beriggewer KIRKWOOD. - Die
plaaslike VLV-tak het sitrusvrugte as tema gehad op sy onlangse
maand-vergadering. Mnr. W. Bouwer, 'n plaaslike sitruskweker, en
mnr. B. Beyleveldt van die Sitrus- beurs het die vroue toege-
spreek.
Mnr.
Bouwer het gepraat oor die kweek van goeie bome en mnr. Beyleveldt
oor gradering en oorsese bemarking. Hy het gesê dat Suid-Afrikaanse
sitrusprodukte oorsee meer in aanvraag is.
• Die wenners van die
kompetisies, wat ook 'n sitrustema gehad het, was mev. Nita Dunn vir
haar rangskikking en mev. Mariet Smith vir haar lemoenkoek.
3. Nou’s dit neusie verby vir stelende kese:
Spesiale Beriggewer KIRKWOOD. - Mnr. Stef Delport, 'n
boer van Kirkwood, kon net nie verstaan waarom sy tangelo's ('n
sitrusvrug) in die boord so vinnig verminder nie - totdat 'n
plaaswerker een middag vir mev. Delport kom sê dat hy 'n bobbejaan
in die boord gesien het.
Sy het met 'n .22-rewolwer daar naby stelling
ingeneem, waarvandaan sy die boord goed kon sien. Twee groot
bobbejaanmannetjies het hulle later in een van die bome tuisgemaak
en rustig begin vrugte afskil. Sy los toe maar 'n skoot in hul
rigting. Daar storm 'n hele trop van onge- veer vyftien van alle
groottes uit die boord. Die volgende dag was hulle weer daar, maar
daarna is die
vrugte geoes.
4. Veertig vroue besoek wewery:
Spesiale Beriggewer KIRKWOOD. - Sowat 40 vroue van die
VLV-tak op Kirkwood en hul vriendinne het onlangs 'n besoek gebring
aan 'n wewery op Alicedale.
Mnr. Jan Paul Barnard het die vroue deur die fabriek
geneem en hulle kon voltooide artikels in 'n vertoonlokaal besigtig.
Hulle kon ook spesiale brei- drade en truie, wat deur mev. Elsa
Barnard ontwerp is, besigtig.
5. Groep
sal help met opheffing.
Spesiale
Beriggewer KIRKWOOD. - 'n Gemeen- skaps Ontwikkelings-Vere-
niging vir die Sondagsrivier vallei is onlangs op Kirk- wood
gestig met die doel om plaasarbeiders te help om hulself op te
hef.
Mnr.
Johan du Toit, streek Beheerbeampte van die Landelike Stigting,
het die vergadering toegespreek. Hy het daarop gewys dat hierdie
opheffings-aksie reeds 'n dramatiese afname in drank- misbruik
by arbeiders in die Boland tot gevolg gehad het, sowel as 'n
verbetering in hul algemene lewenspeil. Die vereniging het
besluit om dadelik te adverteer vir 'n Ontwikkelaar. Die
plaaslike gemeenskap sal 25 persent van die koste van so 'n pos
moet dra, terwyl die Landelike Stigting die res sal bydra.
Mnr. Anno Nortje is
aangewys as voorsitter van die nuwe vereniging. Die bestuurslede
is mnre. Tinus Hartman, Charles Woolley, Stef Delport, Danie
Campher (jr.), Theo Bezuiden- hout en Boeram Venter.
6. Persoonlik:
Mnr. Eddie Bezuidenhout van Markstraat,
Kirkwood, op 94 jaar die dorp se oudste inwoner, is in die Rita
Coetzee-hospitaal.
Mev. Lettie Potgieter van Digteby, Kirkwood, het
na Kaapstad vertrek vir die
begrafnis van haar suster, mev. Esther
Rossouw van Markstraat, Kirkwood.
Mevv. Cretienne Marais, Marie Potgieter en Denise
Daniell van Kirkwood het na Engeland vertrek waar hulle hulle
aansluit by 'n toer- groep wat onder meer Swit serland,
Duitsland, Italië, Oostenryk en Frankryk sal besoek.
Mnre. M.J. (Tinus) Hartman en Stef Delport, beide
lede van die direksie van die Sondagsrivier Sitrus-koop- erasie,
het op 'n besigtig- ingstoer na Europa vertrek. Hulle sal twee
weke lank die bemarking van sitrus- vrugte in Europa bestudeer
en al die vernaamste vrug- temarkte en afsetpunte vir sitrus
besoek.
Hul toer word afgesluit met 'n besoek aan Israel,
waar hulle die nuutste ontwikke- lings op die gebied van mikro-
en drupbesproeiing sal nagaan.
Mnr. Johan Erasmus, burg- ermeester van Kirkwood,
is in die Provinsiale Hospitaal in Port Elizabeth opgeneem nadat
hy ernstig siek ge- word het.
Ds. en mev. J.M. Delport van Joubertina het die
afgelope naweek familie op Kirkwood besoek en ds. Delport het
ook Sondagog- gend die erediens waarge- neem.
_______________________
WYSHEDE
NEDERLAND SE GUNS,
SUID-AFRIKA SE WINS
Wil u graag vertrek op ’n avontuurlike reis waar-
tydens u eksotiese plek- ke besoek, honderde mense ontmoet
en boei- ende ervarings beleef?
Bring dan gerus teen die minste koste en moeite
besoek aan
http://www.
tanap.net/content/ activities/documents waar
die tyd stilstaan terwyl u u al lesend verdiep in die aan
vangshoofstukke van Suid-Afrika se geskiedenis, wat tot in die
fynste besonder- hede aangeteken is.
Maak op die TANAP-web- blad onder andere kennis
met die getranskribeerde inhoud van die volgende twee reekse
waarvan die oorspronklike dokumente in die Kaapstadse Argiefbe-
waarplek gehuisves word:
-- die Resolusies van die Politieke Raad van die
Kaap die Goeie Hoop (1651-1795), vlagskip van die plaaslike
VOC-erfenis, asook
-- die eerste 40 bande van die inventarisse van
intestate boedels (1673-1834) van die Wees- kamer van die Kaap
die Goeie Hoop, waarvan die oorblywende 35 bande tans in
voorbereiding is.
Danksy die besonderse samewerking tussen Neder- land
en Suid-Afrika bied hierdie Internetproduk- te toegang tot
inligting wat andersins vir belangstellen- des wêreldwyd
onbereik- baar, ontoeganklik en geslote sou bly.
Helena Liebenberg
Taaloord-eienaar
http://www.taaloord.co.za
-------------------------
Daai stukkie vleis......
'n Ouderling word gevra om die Sondag in die kerk 'n paar woorde
te spreek.
Hy begin deur te sê:
Geagte broers en susters!!! Vandag wil ek met
julle praat oor 'n stukkie vleis ...! DAAI stukkie vleis!!
Daardie stukkie vleis wat broers en susters van mekaar
skei.....!
Daardie stukkie vleis wat MAN EN VROU van mekaar kan laat
skei.....!!! Daardie stukkie vleis wat families uitmekaar skeur
sodat hulle vervreemd raak van me- kaar Daardie stukkie
vleis wat vrouens met vrouens laat baklei, broers en susters...!
Daardie stukkie vleis wat party keer meer buite is as wat hy
binne is....en dan ook meer binne is as buite .....!!! Broers en
susters, dit is daardie stukkie vleis wat soveel pyn en ook
soveel plesier kan bring.....!!!
LIEWE BROERS EN SUS- TERS ek praat vandag met julle oor……“DieTong”
Uit:
Lag vandag nog ‘n slag.
--------------------------
Sterfgoed - Hoe pragtig is ons Afrikaans nie !
Fanus Rautenbach sê: ons moet almal eendag sterwe, maar
elkeen sterf volgens sy beroep: Reisigers
gaan heen. Parlementslede op die groen kussings gaan
sag heen.
Die melkman en die pos- man kom om.
Jagters gaan bokveld toe. Kokke steek lepel in
die dak. Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
Die valskermspringer ontval ons. Die tuinier
is van die gras af gemaak.
Die melkboer het die em- mer geskop.
Die
begrafnisondernemer sien sy gat. Die dominee
het die tyde- like met die ewige verwis- sel. Die
ouderling is ontslape. Die koerantman is direk
hemel toe. Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
Die dokter se hart het gaan staan. Die
elektrisiën se liggie is gedoof. Die koster het
die doods- klok hoor lui. Die kleremaker se draad is
geknip. Die Springbok Rugby-afrigter kom tot rus.
Skoonmoeder - die duiwel het haar kom
haal.
Ingestuur deur Tertius Delport.
--------------------------
Always try something new.
Never be afraid to try something new.
Remember a lone amateur built the Ark.
A
group of professionals built the Titanic!
--------------------------
Boeregrafte:
Mnr. Dirk Schellingerhout van Uitenhage (e-pos:
jodis@mailbox.co.za ) was so gaaf
om die volgende inligting oor Anglo-Boere- Oorlog grafte in ons
om- gewing aan my te stuur.
1. BRAKKEFONTEIN
– waar die drie burgers gesterf het – 29km. vanaf Kirkwood.
KOORDINATE : 33.33460 / 25.19151
2. KARIEGA BEGRAAF- PLAAS
– waar Henry Rittenberg en Arrie van Onselen begraaf is – 15 km.
vanaf Kirkwood langs die P.E.-Graaff-Reinet teerpad (R75)
KOORDINATE : 33.44083 / 25.26465
3. JUBILEE BEGRAAF -PLAAS
– Gibbonstraat, Uitenhage - waar Cornelius Vermaas begraaf is.
KOORDINATE : 33.76467 / 25.7818
4. TIJGERHOEK
– Naby die Hanekam in die Winterhoek berge – waar Petrus
Jacobus Bellingan begraaf is. KOORDINATE
: 33.55794 / 24.99514

Petrus Jacobus Bellingan
Geb. 13 Mei 1879
Gesneuwel te Heidelberg
16 Sept. 1901
Vir Vryheid, Land en Volk
--------------------------
How to Survive a Stroke:
A neurologist says that if he can get to a stroke
victim within 3 hours he can totally reverse the effects of a
stroke. He said the trick was getting a stroke recognised,
diagnosed, and then getting the patient medically cared for
within 3 hours, which is tough.
RECOGNISING A STROKE:
Remember the
3 steps:
S, T, R.
Sometimes symptoms of a stroke are difficult to
identify. Unfortunately, the lack of awareness spells disaster.
The stroke victim may suffer severe brain damage when people
nearby fail to recognise the symp- toms of a stroke.
Now doctors say a by- stander can recognise a
stroke by asking three simple questions:
S
*
Ask the individual to
SMILE
.
T
*
Ask the person to
TALK -
to SPEAK A SIMPLE
SENTENCE
COHERENTLY(i.e. . . It is nice and sunny
today).
R
*
Ask him/her to
RAISE
BOTH ARMS
.
NOTE
:
Another 'sign' of a stroke is this: Ask the person to 'stick'
out their tongue. If the tongue is 'crooked', if it goes to one
side or the other that is also an indication of a stroke.
If he or she has trouble with ANY ONE of these
tasks, call
a
doctor
immediately!!
and describe the symp- toms to the dispatcher.
A cardiologist says if everyone does this, a lot of lives
will be
saved.
-------------------------
Resep
om Spoke te Verdryf:
‘n Baie ou boereraat om spoke mee te verdryf.
Als spoke in die nag die rus verstoren in uw
slaapkamer,
houde een bottel beste brandewijn, en kaars
(kers) en
een betrouwbare tonteldoos langs bed.
Wanneer die spook te vore kom, sluk tjoepstil een
mond fol,
steek die kaars snel op en blaas dadelik dood,
na die kant van die spook, met
Brandewijn-beremmeld asem. Als die spook net daar bly, sluk
vlugtig vijf mondefol brandewijn, en
knijp oë styf toe voor vyf minute.
Uit:
"The
Essence of the Grape" - Andre P. Brink
-------------------------
Kuier in die Kombuis
Lemonade:
It’s
springtime again in the Sundays River Valley. Here are some
refreshing drinks made from lemons.
1. Classic Lemonade:
Serves six to eight
people.
If you like, scrape the pu!p from a couple of
mashed lemon slices into the pitcher to make a more pulpy
lemonade. Adding 1
tablespoon grenadine turns the lemonade pink and imparts extra
sweetness.
Take 10 to 12 medium lemons, scrubbed well,
halved pole
to pole, all halves sliced thin, horizontally
1-1/4 cups sugar
Pinch of salt (optional)
5 cups cold water
Mash lemons and sugar (and salt, if using) in large, deep bowl
or saucepan with potato
masher or wooden spoon until lemon slices give up their
juice, sugar is dis- solved, and juice is thick- ened to syrup
consistency, about 4 minutes. Pour half the lemon slices and
syrup through large sieve over bowl or saucepan; press on solids
with masher or back of wooden spoon to release as much liquid as
possible.
Discard solids; transfer liquid to serving pitcher. Repeat
process with re- maining lemon slices. Stir in water until
blended. Chill well and stir to blend be- fore serving, over ice
if desired.
2.
Lemonade by the glass:
Yields about I generous cup
Follow recipe for Classic Lemonade, reducing
number of lemons to
2. sugar to 3 tablespoons, and water to 3/4 cup, and use small
bowl
and sieve.
3. Minted Lemonade:
Like the ginger variation below, the mint flavor in this
lemonade is mild, as it's intended to comple- ment the lemon.
Follow recipe for Classic
Lemonade, adding 2 cups washed fresh mint leaves to
lemons
and sugar before mashing.
4. Gingered Lemonade:
Follow recipe for Classic Lemonade, adding 3 tablespoons grated
fresh ginger to lemons and sugar before mashing.
5. Raspberry Lemonade:
Follow recipe for Classic Lemonade, adding 1-1/2 cups fresh or
thawed
frozen raspberries to lemons and sugar before mashing.
6. Shandy:
Makes 1 cup
Other versions of this refreshing British drink
substitute ginger beer, ginger ale, or lemon-lime soda for the
lemonade. For a stronger beer flavor, increase the ratio.
1/3 cup beer, preferably dark or amber lager,
or light or pale ale, well chilled
2/3 cup lemonade, well chilled
Pour beer or ale, then lemonade, into glass. Stir very gently to
avoid
creating foam, and serve immediately.
--------------------------
BRIEWE
1.
Nederlanders hou van Casa Mia:
Madeleine en Ton Brekel-
mans-Halgreen skryf uit Nederland:
Ons wil net vir julle "Kirkwoodians" gelukwens
met die nabyheid van so 'n lekker spa....Casa Mia.
Vriende van ons
het ons op die plek attendeer en ons was daar vir 'n kort besoek
met massages en al wat hulle aanbied. Mens word daar lekker
bederf deur die eienaar en die 2 meisies. Ons het dit baie
geniet en verlang steeds terug vanuit 'n koue Nederland!
Volgende keer
wat ons oorkom sal ons beslis weer 'n besoek bring aan die Casa
Mia Spa en Kirkwood en omgewing.
Groete
Madeleine en Ton Brekel-mans-Halgreen
Bogerd 56
5521 MK Eersel
the Netherlands
breke353@planet.nl
--------------------------
2. Jessica
Pitchford
Ivan Oberholzer skryf uit P.E.:
Ek het onlangs saam met Jessica Pitchford van Spe- cial Assignment
in Oos- Londen gewerk en haar vertel van julle webwerf.
Sy is afkomstig van Kirk- wood, en was verras en bly en gaan dit
gereeld besoek. Haar familie het 'n groot winkel in die
hoof-straat gehad en hulle wo- ning was langsaan (Kirk- wood
Hardware – tans Mica). Bob en Nicky Whyte is familie.
Ek sal haar julle webwerf adres stuur. Haar selnom- mer is: 082
561 3610
Groete, Ivan. specialist cameraman, sabc port elizabeth
oberholzerij@sabc.co.za cell: 082 4659444
3. Die
Beste Nuus brief:
Louis en Linda Olivier
skryf uit Pretoria:
Die Sondagsrivier Nuus is by verre
die beste nuus- brief wat ek tot dusver onder oë gehad het.
Ons is besig met genealo- giese navorsing oor 'n wye spektrum
van vanne, maar veral die MacDonald, Olivier en Coetzee's en het
reeds besondere inligting in u nuusbriewe gekry en geniet die
deel "Kykies in die ver- lede" in besonder omrede dit van ons
navorsings- velde ook dek.
Ons hoop van harte dat die nuusbrief sal bly voortbe- staan en
groei en dat die reeds hoë gehalte gehand- haaf sal word.
Louis en Linda Olivier
Pretoria
lmolivier@hotmail.com
of
lm.olivier@gmail.com
------------------------------------
4.
Lees graag julle koerant.
Yvonne
van der Gryp skryf vanaf Pretoria:
Ek is 'n Pretorianer, wat graag julle koerant aanlyn lees. Ek
vind dit baie in- teressant en vol lees stuk- kies. Uit
die kombuis is my gunsteling want ek is baie lief
vir kos maak en die resepte wat ek hier kry. is oor en oor
gebruik.
Geluk met die koerant, hou so aan!!!!
Yvonne vd Gryp
yvonne@cfmail.co.za
012 5465840
072 8733 687
--------------------------
Die Delports se Neefsnaweek
In 1914 het Koos en
Nonnie Delport vanaf De Rust na die plaas Rebelsvlei net buite
die nuwe dorpie Kirkwood getrek. Met die ineenstorting van die
volstruisveerbedryf het hulle alles verloor en moes ‘n nuwe
begin op Kirkwood kom maak. Hier het Koos en Nonnie staat
-makers in die vallei se kulturele en politieke lewe geword en
in die proses elf kinders grootgemaak.
Uit hierdie pionier-egpaar se nageslag het drie rugby
springbokke, 2 politieke leiers-figure en talle ander sterk
persoonlikhede voort- gespring. Onlangs het 13 van hul manlike
kleinkind- ers, uit ‘n moontlike 16 wat nog leef, ‘n besondere
Neefsnaweek net vir die manne vanaf Vrydag, 11 Augustus,
tot die Sondag by Kobus Delport se strand huis by Keurboomstrand
deurgebring.
In die proses is heerlik ge- kuier, gebraai en die land se
probleme op politieke, kerklike en sportgebied "opgelos". ‘n
Raad van Oues, bestaande uit Eric Olivier, Tertius Delport
en Andre Olivier moes die orde handhaaf, terwyl die predikant,
Koosie Delport, die geestelike sy moes versorg.
Familie-stories uit vroeër se dae het almal vasgenael gehou,
terwyl skreeusnaak se insidente uit hul groot- word en
studentejare die tyd verby laat snel het – soveel so dat daar
nie eers werklik na die prag van Arch rock en Matjiesrivier
gekyk kon word nie.
Staaltjies was legio oor onderwerpe soos ‘n gesa- boteerde
foefieslide, St Georges strand se see-kaperjolle, ‘n onverwagte
eregas by ‘n groot Xhosa-troue diep in die Transkei, grappige
insidente met rugbytoere en ander ko- miese situasies.
Intense debatte is gevoer oor onderwerpe wat gewissel het
vanaf die Belhar-belydenis en kerk-eenheid, die toekoms van
Afrikaans en die Afrikaner tot die swak stand van rugby in ons
land.
Teenwoordig was neefs van verskillende neringe wat gewissel het
vanaf politici tot ‘n oud-springbok en vyf oud-provinsiale rug-
byspelers wat besondere diepte aan die gesprekke kon verleen.
Te gou was die tyd verby en na ‘n informele kerkdiens Sondag en
‘n koue middag-ete het ‘n klomp besonder ingenome neefs weer die
pad huistoe aangedurf – vasbeslote om dit van nou af op ‘n
gereelde basis te herhaal.
Stef Delport
-------------------------
Gerard
Delport Skryf:
Terwyl ons in Engeland was, het ons gaan kyk na
Thinus-hulle se wedstryd teen Northampton. Na die
wedstryd, en terwyl ons by die ingang na die kleed- kamers vir
Thinus staan en wag, kom daar toe van sy klub se bestuurslede
hulself voorstel en 'n geselsie aanknoop.
Terwyl ons so staan en ge- sels kom daar toe nog
ie- mand wat sy hand uitsteek om te groet, en ek aanvaar toe
maar dis nog iemand van Worcester. Maar die ou kyk my net
met 'n glim- lag aan, en hou my hand vas. Na so 'n paar
sekon- des sê Elriena toe: "Neil Terblans! Wat maak jy hier?"
Hy is so 'n paar weke tevore met 'n vrou van
Northampton getroud wat hy in SA ontmoet het, terwyl sy met
vakansie was. Toe hy hoor Thinus-hulle speel daar, het hy
gesê hulle moet gaan kyk, want hy was op Kirkwood Thinus en
Klein-Eric Olivier se eerste afrigter. Hulle was die twee
slotte van die onder 9 span. As ek dit nie mis het nie,
was Leon Delport die skrumskakel.
Terwyl Thinus-hulle voor die wedstryd op die veld
kom opwarm, het Neil hom gegroet, en toe gehoor ons is daar.
Hy is glo so 4 jaar gelede (weer) van sy vrou
geskei, en het by een of ander toerisme besigheid gewerk toe hy
die vroutjie ontmoet het.
--------------------------
Eden to Addo Mega-Hike
Imagine a hike that has never been walked before,
a route that attempts to follow where elephants once roamed and
where they may well roam again. Imagine walking through
indigenous forests, over expansive mountains and through winding
river gorges, side-stepping buffalo and looking out for sunirds.
The Eden to Addo Mega-Hike was a once-off hiking adventure that
took place
in August 2006 and was the longest hike of its kind in South
Africa - 400km in 17 days.
To celebrate the launch of the
Eden to Addo Corri- dor Initiative we decided to take a walk
through the whole length of the propo- sed corridor to raise
funds and awareness,
FACTS AND FIGURES:
Dates: 11- 27th August 2006
Distance: +/- 400km
Mountain crossings: 7
Number of Biomes: 5
Hiking days: 17
Number of Hikers: 24
National Parks & Nature Reserves walked through: 6
THE ROUTE:
Starting in the Eden district of the Knysna forests where
elephant sightings are still reported. We hiked to the Keurbooms
river outside Plett and then through the Tsitsikamma towards the
Kouga mountains eastwards of Peak Formosa. From there the
wilderness of the Baviaanskloof – a World Heritage Site. Finally
we crossed the Groot Winter- hoek mountains to reach Addo
Elephant National Park, 17 days and 400 km later – a mega
achievement.
Galeo Saintz
082 888-8181
www.edentoaddo.co.za
-----------------------
LAND SONDER SPIETKOPS EN KARWAGTE
Trudie Wegner van Fascination Books in
P.E. skryf uit ‘n vèr verre land:
My gasvrou nooi my saam na haar hoofstad. Dit is
ongeveer 70 minute per motor. Sy gaan haar niggie se begrafnis
bywoon en ek kan die plek dan vir 'n paar ure verken.
Sy verlaat
haar poorte on- gegrendel. Op die stoep staan 'n trapfiets met
peuterstoeltjie agterop, die grassnyer en “n paar items uit die
kleinkinders se speel goedkas. Ek bied aan om dit in te neem en
toe te sluit. Maar dit is nie nodig nie. Alles sal hier
wees wanneer ons terugkom, verseker sy my.
Daar is geen
verkeersligte in haar dorp nie. Ons is gou op die grootpad waar
die spoed grens 80 km per uur is. Nou gaan ons deur die nuwe
ondersee-tonnel ry. Pas ingewy, vertel sy... 6 kilometer lank en
250 m. onder seevlak op die diep- ste punt. Maar waar is die
tolhek of betaalpunt, wil ek weet. Betaling geskied op verskeie
maniere. My gas- paar betaal vooruit deur koepons te koop. ‘n
Kamera in die tonnel sal die nom- merplaat afneem en ‘n rek-
ening aan die motoris rig as daar nie voorafbetaling was nie.
Toeriste betaal by die vulstasies aan weerskante van die
toltonnel. As haar krediet begin opraak, sal ‘n geel lig in die
tonnel haar herinner dat sy weer tol- geld moet betaal.
Volgens my
gidsboek is die maksimum spoed in dorps- gebiede 50, soms 60. By
die ingang na n klein dorpie merk ek dat n elektroniese bord die
syfer 59 flits. Reg geraai, sê sy. Dit is die spoed wat ek
gery het.
Daar is nie ‘n
boete nie. Sou sy meer as 10 km per uur te vinnig gery
het, sou daar gou-gou n boetebrief in die posbus voor haar huis
gelê het. As sy bv. die grens met 30 km per uur oorskry het, sou
haar lisensie onmiddelik opgehef word. Na ‘n jaar sou sy
weer kon aansoek doen ... en wel eers vir ‘n leerling- lisensie.
Dit is
opmerklik dat daar enkele minibusse op die pad is, meestal vir
toeriste en goedere. Ek sien ook nie eintlik motors wat meer as
10 jaar oud is nie. Niemand gebruik ‘n toeter nie. Enige
verkeerspolisie? Nee, ons sien hulle net in ander lande,
sê my gasvrou.
Skape wei teen die steil berghange tussen die bot- tergeel
veldblomme. Daar is dubbeld soveel skape as mense in
hierdie land... ‘n vet raps oor die 90 000. Party waag dit
oor die teer pad. Motorongelukke, vra ek. Weinig, nou en
dan ry iemand ‘n skaap dood, dan word die polisie betrek en die
skuldige moet die eie- naar in kontant vergoed. In my
gidsboek vind ek later die aand die polisie se skaapnommer.
Die
padoppervlakte is prima, verkeerstrepe vars geverf. Hier en
daar flits ‘n waterval blink by ons ver- by. “Water is gratis in
my land. Geen haan kraai daarna op die munisipaliteit se
rekening nie,” vertel sy.
Ons stop by ‘n
vulstasie. Lyk heeltemal verlate. Sy klim uit, neem die pomp-
slang en maak vol met 95. ‘n Kredietkaartmasjien kry die geur
van haar geld, sy sleutel die pompnommer in en klim in die motor
met betaalstrokie in die hand.
Ons kom op die
beplande tyd in die hoofstad aan. Daar was geen padverleg- gings
nie, geen verkeers- ophopings. Daar is nie ge- noeg
parkeerplek in die stadsentrum nie, verneem ek. Sy ry na die
hawege- bied toe. Dis naby aan die kerk waar sy moet wees, daar
is ‘n groot parkeerter- rein. Geen verkeersmeters, geen
betaalhokkie of val- hek, geen motorwagte.
Ons spreek ‘n
tyd af. Die motor sal oop wees as ek vir haar moet wag.
On- moontlik. Ek bied aan om op ‘n bankie langs die klein-
boothawe te wag. Nooit as te nimmer, jy is my gas. Ons
stap weg. Haar reënjas lê op die agterste sitplek.
Sy ontmoet ‘n
familielid by die voetgangeroorgang en handig my aan haar sorg
oor. By die toerismekan- toor word ek georiënteer en stap
verder alleen die stad in sonder om my reis- handsak vas te
klem.
Die son skyn
in die stads- kern. Voetgangerverkeer kry voorrang. Nuwe ma's
stoot babavragte in mo- derne waens. Bejaardes gesels op
parkbankies.
Op die
afgespreekte tyd soek ek die motor in die haweparkeergebied. Ek
maak die deur oop. Die radio en CD speler is daar. Die jas ook.
Droom?
Versinning?
Nee, ek was
vandag in die kleinste hoofstad in die wêreld. Torshavn op die
Faroe eilande. Populasie 15 000 mense. Plek op die planeet: 62
grade N, 7 grade W. Werkloosheidsyfer 2.2%My reis was van
Klaksvik - die grootste dorp op Bor- doy, een van die vyf
noordelike eilande - na Torshavn, setel van die Faroese
parlement, op die eiland Eysturoy.
Trudie
Wegner
-----------------------
Liefde vir nartjies maak hond kees
se moses
Gelukkig vir ons winsgrense kan hy nie skil nie, se baas
Mariska Spoormaker
KIRKWOOD. - Die adver- tensie-mense gaan sukkel om diè
Kirkwood-hond in 'n deftlge kar te kry om te wys hoe goed 'n
sekere soort hondekos is. Want Wiesla die Hongaarse Pa-
trys-hond (Viszla) se hondeblokkies bly in elk geval net so
staan op die agterstoep as dit nartjietyd is.
Ontbyt, middagete en aand ete is dit boorde toe met hom, al
agter oubaas Stef Delport aan.
"Delport is nog een van die
outydse sitrusboere", sê sy seun Ricus, "daai soort wat
aanhoudend pluk en proe. So sewe jaar terug het Wiesla saam met
horn boorde toe begin gaan". Dis hoe Wiesla van nartjies geleer
het. 'n Skyfle hier, 'n skyfie daar. Toe kom die verslawing.
Sommer stories, dink 'n mens met die eerste vertel van die
verslawing.
Tot Vizla saamstap boorde toe, jy jou eerste nartjie skil…
"My ma sê sy kry altyd net so twee, drie skyfies van haar
nartjie geëet as Vizla in die ronde is," lag Ricus, ook van die
plaas Eindelik.
Hoeveel nartjies waai tussen
oubaas en hond in die boord weet niemand nie. Delport snr. praat
nie daaroor nie, en Wiesla kan (nog) nie praat nie.
"En gelukkig kan hy ook nie skil nie, want dan het sake begin
lol met ons wins- grense. Dankie tog vir menslike
ingryping wat nog hier nodig is," sê Delport. Maar ook dankie
tog dat Wiesla so erg is oor sy nartjies. As oubaas nie boord
toe gaan nie, gaan hy in elk geval om die an- der yierbenige
mededing- ers uit te hou.
"Die bobbejane hardloop gewoonlik vinnig weg as hy blaf en nader
storm. Die ape is 'n ander storie. Par- ty laat spaander en die
wat nog nie geleer het nie, mik vir die hoogste takke. So het
hulle geleer met die ander honde. Bly net lank genoeg in die
boom en die hond gee pad," sê Delport.
"Maar die ape sal leer, net soos die ander voor hulle wat ook
gedink het hulle kon Wiesla "uitwag" in die bome. As 'n aap sit,
dan sit hy."
"Ons eie nartjiewagter!" lag Delport, "en boonop is hy 'n goeie
rol-model... ons sien die ander honde begin nou ook al nartjies
eet. Een van die dae sien jy net apies en bobbejane spat uit die
boorde!"
--------------------------
|
KYKIES IN DIE VERLEDE
Oom Jurie Goosen se Berigte uit 1937/38:
Oom Jurie Goosen was vanaf 1937 tot 1983 die
verslaggewer van die Oosterlig in P.E. Hier volg van sy berigte uit
1937/38:
1. NATURELLE WIL NIE TREK NIE.
KIRKWOOD. 6 Nov. 1937 — Hier is vandag twee belangrike vergade-
rings gehou in verband met die segregasie van naturelle. Dit volg op
‘n vroeëre besoek van mnr. J.J. Smith, Sekretaris van Naturelle-sake
aan Kirkwood.
Onthou sal word dat ongeveer 4,700 naturelle - mans,
vroue en kin- ders - wat op die Strathsomers landgoed woon,
omstreeks Augustus gelas is om die landgoed te verlaat en na ‘n
naturelle reserwe te trek, waarskynlik met die oog op die uitvoering
van die nuwe wetgewing (en dit 10 jaar voor 1948). Hierdie
naturelle word gebruik vir seisoensar- beid, en is derhalwe
onmisbaar vir die besproeiers. Op aandrang van die besproeiers en
deur bemiddeling van die LV’s, mnre. L.J. Vosloo, G.P. Steyn en G.
Dolley, is die saak hangende gehou en die Departe- ment van
Naturelle-sake het verklaar dat hy gewillig is om die naturelle te
laat bly, mits hulle in behoorlike lokasies onder behoorlike toesig
geplaas word.
Die Kirkwoodse dorpsbestuur is toe genader en vandag
het die dorps bestuur en die direksie van die Strathsomers-landgoed
ontmoet. Die Kirkwoodse dorpsbestuur sal nou aansoek doen om beheer
oor die naturelle op die Strathsomers landgoed. Die naturelle sal in
behoorlike lokasies geplaas word, en 'n voltydse superintendent sal
aangestel word.
Daar word gehoop dat die moeilikheid, wat al jare hangende is, hier-
mee vir altyd opgelos sal wees.
2. OOM JAKOBUS HUMAN 83 JAAR OUD
Baasskut tot op sy oudag – nog olifante op sy plaas geskiet.
KIRKWOOD. 8 Nov. 1937 - Oom Jakobus Human, soos hy by almal bekend
is, het vandag sy 83e geboortedag herdenk op sy plaas, Krom- poort,
naby Glenconnor. Oom Jakobus se eggenote leef ook nog, en is alreeds
84 jaar. As hulle leef tot op 12 Oktober 1938, sal hulle hul diamant
bruilof kan vier.
Oom Jakobus is veral bekend in hierdie omgewing deur sy skietpres-
tasies en sy onverskrokkenheid as jagter toe selfs olifante op Krom-
poort aangetref is. Verlede jaar het oom Jakobus nog self 'n koedoe-
bul neergetrek. Op een dag. toe 'n groot geselskap uit was op die
jag het Oom Jakobus ses uit die sewe koedoes geskiet wat die dag neergevel
is.
Omstreeks 1890 het die oubaas groot opspraak in hierdie omgewing verwek
deur 'n groot olifantbul, wat sy veld verniel het, in die stof te
laat byt met sy martini. Op 20 treë afstand, toe die wind gunstig
was het hy 'n koeël deur sy kop geja. 'n Ander besondere skietprestasie
van die oubaas is dat hy eens 'n groep van 13 wildehonde op die lyf
geloop en 12 van hulle neergetrek het.
3. Persoonlik
Mnr. J. P. Kellerman, hoof van die laerskool op BlueCliff, distrik
Kirk- wood, het 'n aanstelling aanvaar in die personeel van die Cunningham
Laerskool, Port Elizabeth. (Hy was die vader van die bekende sportskrywer,
Alex Kellerman, wat onlangs oorlede is, en ook Kathleen, wat met die
gewese Springbokhaker vanaf Kirkwood, Willem Delport, getroud was
– Red.)
4. GEWILDE DOKTER OORLEDE:
KIRKWOOD, 3 Jan 1938 — Dr. L. F. H. McDowell, vader van mev.
Eric Woolley van Boschkraal, Kirkwood (en oupa van Ken Woolley),
is oor lede op 64-jarige leeftyd aan sy woning op Mowbray.
Dr. McDowell is in Ierland gebore en het hom in 1896
in Suid-Afrika gevestig. Nadat hy enige jare in Strydenburg en
Calitzdorp praktiseer het, is hy na Frankryk, waar hy tydens die (Eerste)
Wêreld Oorlog ambulans-werk gedoen het. Na afloop van die oorlog het
hy na Suid-Afrika teruggekeer en hom by die personeel van die
Rondebosch hospi- taal gevoeg.
Hy was 'n gewilde geneeskundige en
goed bekend in die vallei. Sy heengaan word diep betreur deur 'n groot
aantal vriende. Dr. McDowell laat 'n weduwee en een dogter na.
5. GROOT UITTOG UIT KIRKWOOD OP NUWEJAARSDAG:
7 Jan 1938 — Kirkwood en die omliggende
streke is verlate agtergelaat deur die menigte wat hulle gedurende
die naweek na St. Georges- strand begeef het. Reeds in die vroeë oggend
van Nuwejaarsdag was 'n groot aantal motors onderweg na die strand.
Die dorp self was op Nuwejaarsdag in eensaamheid verlore. Teen die
namiddag het die weiniges wat hier agtergebly het, geswoeg onder die
skroeiende strale van 'n warm middagson. Ou inwoners rneen dat dit
een van die stilste dae was wat hulle nog hier beleef het.
Onder die menigte wat met vakansie aan die strand was, was: mnre.
A.S. Potgieter en gesin, Gert Bouwer en gesin, B. de Wit en gesin,
G.Viljoen en gesin, J. de Wit en gesin. Kotie Stiemie en familie,
P. Swart en gesin, A. Coetzee en gesin, D. Breytenbach en gesin, J.
Muller en gesin, R. Mallinson en gesin, S. Coetzee en gade, Kemp en
gade, K. Veenhuis en gade, H. Meiring en gesin, T. Calitz en gesin,
A.du Toit en gesin, H. J. Bester en gesin, P. Groenewald en gesin
en C. Coetzee en gesin.
6. NOODLOTTIGE GEVEG OM 'N SKONE IN 'N OLIFANT-TROP.
KUDDE-LEIER OP ADDO NOG BAAS
KIRKWOOD, 7 Sept.1937 — Toe mnr. Johnson, opslgter by die Addo-Olifant
reserwe, Saterdagaand die olifante, soos gewoonlik lemoene gee, het
hy 'n jong bul vermis uit die 23-tal wat gewoonlik opdaag. Hierdie
ongewone afwesigheid het mnr. Johnson se suspisie gaande gemaak en
'n soektog is op tou gesit. In die bos is die jong bul dood aangetref
met 'n gapende slagtandwond agter die blad wat tot in die hart deurgedring
het.
Die vermoede is dat die jong bul te veel attensie gegee het aan een
van die koeie in die trop en dat die ou kuddebul eksepsie geneem het
en hom op slag gedood het met een geweldige stormloop.
Om die olifante mak en genaakbaar te maak, word hulle reeds 'n paar
jaar al deur die opsigter op lemoene gevoer, sowat 100 tree van sy
woning af. Die proefneming het baie goed geslaag, want talle van mense
besigtig die olifante feitlik elke aand wanneer hulle kom vir hierdie
snoepery. Kort na donker ry mnr. Johnson met sy motor na die olifante,
wat sy motor reeds ken en nie daarvoor vlug nie. Op sowat 50 treë
afstand van die olifante word die ligte aangeslaan en dan kan die
olifante selfs van die huis af gesien word, terwyl hulle rustig lemoene
eet. Besoekers mag agter mnr. Johnson se motor bly as hulle die skouspel
van nader wil besigtig. Soms is daar 50 besoekers op een aand.
Mnr. Johnson verdien alle lof vir die moeite wat hy hom getroos het
om die olifante makker te maak, want hulle was taamlik sku nadat maj.
Pretorius, op bevel van die regering, 'n aantal jare gelede hulle
in groot getalle afgemaai het, omdat hulle 'n plaag begin word het
vir boere in die omgewing.
Besoekers wat hierdie seldsame skouspel van olifante in die wilde
staat op sowat 50 treë wil aanskou, moet mnr. Johnson, die opsigter,
kennis gee (telefonies) van hulle voorgestelde besoek en dan voor
sononder by sy woning opdaag, kort anderkant die Coerney-hotel op
die Port Elizabeth - Somerset Oos pad.
--------------------------------------------------------------------

DIE vier Oos-Kaapse kinders wat gister in Johannesburg voor die TV-kameras
opgetree het vir die jeugprogram Kraaines se talent-kompeti- sie.
Voor is die Coleske-boeties, Arnold (9) links en Ewald (10) en agter
Marinda Claassen (17) van Kirkwood en Ronel Erasmus van P. E. (11
Junie 1981).
(Oom Jurie het ‘n goeie oog vir talent gehad – die
Coleskes het baie beroemd geword. Marinda is die dogter van Fanie
en Ellis Claassen.)
-----------------------------------------------------------------------
Cadbury
Berig in die Oosterlig – 1980:
IEMAND wat baie goed vertroud is met die geskiedenis van OosKaap land
is mnr. H. J. (oom Jurie) Goosen van Kirkwood. Hy vertel dat daar
aan die beginjare van die huidige eeu 'n spoorwegwerker op Alicedale
was met die naam Cadbury. Hy was so behoeftlg dat hy nie ‘n
stoof kon bekostig toe hy getroud is nie. Sy vrou moes kos gaarmaak
op yster- stawe wat oor bakstene in die vuurherd in die kombuis gerus
het. Die kos het hoofsaaklik bestaan uit stampmielies.
In Bourneville, Engeland, het sy vader gesterf en Cadbury erf toe
'n lekkergoed-winkeltjie en 'n paar honderd pond. Hierna is Cadbury
en sy vrou Engeland toe om voort te gaan met die lekkergoedwlnkeltje.
Hy het daar 'n reuse sukses van gemaak en is die grondlegger van
Cadbury sjokolade produkte.
Skenking
In die dertigerjare het Cadbury en sy vrou Alicedale
weer kom besoek. Hulle wou weer die rooi baksteenhuisie sien waar
hulle hul getroude lewe in armoedige omstandighede begin het. Maar
met hierdie besoek was Cadbury natuurlik 'n vermoënde man. 'n Gesellige
dansparty is vlr hulle gereël en hy en sy eggenote het lustlg saam
met 'n paar ou ken- nlsse gedans.
By die geleentheid het hy skenklngs gemaak aan al die kerkgenootskap
pe op die dorp. Mnr. Goosen se ouers was nie op die dansparty nie
en toe sy moeder van die skenkings hoor, het sy later aan Cadbury
in England geskryf dat daar ook 'n N.G. gemeente op die dorp is. Hy
het toe 'n tjek aan die gemeente gestuur.
Mnr. Goosen sê dat sy moeder 'n uitstekende brlefskrywer was en dat
sy die stukkie geskiedenis sorgvuldig vlr hom aangeteken het, anders
sou niemand dit geweet het nie.
-----------------------------------------------------------------------
Zuurberg Pass
I received the following request from mr. A.S.(Tony)
Murray of 12 Grotto Rd., Rondebosch (T/F: 021 6898951):
I am the Chairman of the History and Heritage panel of The SA Insti-
tution of Civil Engineering, and am involved in writing biographies
of civil engineers who worked in this country in the 19th century.
I have been given your name as a specialist on the history of the
Addo area.
A line of enquiry concerns one Mathew (or Mather)
Woodifield who was the Assistant Colonial Engineer in the 1850's.
According to an article in Getaway magazine on 1999, Woodifield met
his death in 1855 when he and his horse plunged over the Zuurberg
Pass at a spot still known as Woodifield's Krantz. The date is apparently
inscribed on the rock.
However there is indisputable evidence that Woodifield
presented evidence to a Select Committee of the Cape Legislative Assembly
in 1857, and there are further reports that he was transferred to
Cape Town on promotion in 1865. However there is no record at the
London Institution of Civil Engineers that he ever transferred to
full membership - which would have been expected of someone of his
status and experience. It is thus possible that he did meet an untimely
end - but not in 1855. Did the incident perhaps take place in 1865?
- or is there some other explanation?
I would be grateful if you could throw any light
on the subject.
I ANSWERED HIM:
The local story is rhat he died at Woodifields Krantz (His name and
date is still inscribed on the krantz.) However, Margaret Harradine,
previously the P.E. Librarian and historian, wrote in a piece on the
old Zuurberg Inn that the Zuurberg Pass ..."was commenced by
Henry Fancourt White .... and finished by his successor, Matthew Woodifield."
The only other reference to Woodifield is from
Cory's "The Rise of South Africa" Vol. 5, p.498 where he
mentions that Queenstown was laid out in 1853. "With a view to
defence and possible attack, mr. Surveyor Woodefield, in planning
this township, departed from the the usual procedure of arranging
the streets at right angles. A large hexagonal space was formed and
from this the streets radiated in different directions.
TONY MURRAY WROTE BACK:
Thank you for the most interesting report back. I am planning to visit
the Zuurberg Pass and will have a look at Woodifields krantz. It is
interesting that your reference quotes Woodifield as having laid out
Queenstown, which I will add to his accomplishments. Bulpin says the
town was laid out by surveyor Bowker, but I can't find any reference
to such a surveyor in the survey records and it may be that Bowker
was the owner of the farm - they have always owned land in that vicinity.
The information that White started the pass coincides with our records.
I attach a brief article on Fancourt White which may be of interest
to your readers.
I will have to look a bit further to find the real
end of Mr. Woodifield.
I THEN WROTE BACK:
The Queenstown story becomes interesting. F.C.
Metrowich in his book, "Assegai over the hills" also
credits Thomas Holden Bowker as the founder of Queenstown. He was
the son of one of the 1820 settlers who farmed in the area. Interestingly,
he stood for president of the Orange Free State in 1863, but lost
the election against John Henry Brand.
Metrowich writes in his book: "Thomas Holden,
the fourth son, was the founder of Queenstown and designed its famous
Hexagon. Original- ly all the streets of the town led out from the
sides of the Hexagon like the spokes of a wheel. The idea was that
if the inhabitants were surpri- sed by a sudden Native attack all
they had to do was to run towards the centre of the town, to reach
the sanctuary of the fort there. Bowker's Kop, a prominent mountain
in the district, commemorates his name."
Perhaps it was his farm or he was involved with the planning
as a military man after the border war that ended in 1853. Please
let me know if you manage to solve the riddle of Woodifield.
Stef Delport
AFTERWARDS I FOUND THE FOLLOWING ARTICLE:
THE ZUURBERG PASS:
Shortly after Sir George Napier's appointment as
Governor of the Cape in 1838, he visited the Eastern Province. He
was appalled at the state of the roads and subsequently devoted much
of his energies towards improving the communications between the Mother
City and the eastern parts of the Province.
When the Montagu Pass had been completed in December,
1847, the entire gang of 250 convicts was transferred from there to
the Zuurberg, in order to commence a road that would provide a direct
route from Port Elizabeth to the districts of Graaff-Reinet, Somerset
East, Cradock and Colesberg across what was described as "another
impossible mountain range."
The road party under Inspector Fancourt White commenced
in January 1848 at Doorn Nek and after only 8 miles (13 km) of the
road had been completed, the convict gang was withdrawn in 1850 and
stationed around Port Elizabeth because renewed trouble with the Xosas
had started and it was not considered safe to have the convicts working
in a hazardous region. According to a report of the Central Road Board,
building of the pass was resumed at the cessation of hostilities in
1853.
In a letter dated 27th January, 1857, the assistant
civil engineer of the Colony, Mat. Woodifield, reported to the Board
from his office in Port Elizabeth: "The main strength of the
gang has been employed during the year in widening, forming, draining
and metalling the road between the first Great Zuurberg ridge above
Boontjies River, and the cut between Stroebel's and Wolwekop. Out
of this entire length of about 15 miles, 13 miles may be said to be
finished, and in first rate repair."
Of the already completed section of the pass he writes: "Much
damage has been caused to the road by careless driving, renaming with
iron remschoen and locking wheels" .... "By the present
ordinances, it is impossible to put a stop to these practices; but
by a slight modification of the road magistrate's ordinance, this
grievance could be easily remedied.". . . . "Mr Stretch
has informed me of his intention of bring ing this matter to the notice
of the Legislative Assembly during this session."
Mr Woodifield further states: ". ... it is
possible that the road from the bottom of the mountain on the north
side, to the top of the main ridge, will be completed in eighteen
months."
The entire Zuurberg Pass, 37 km (23 miles) long
was opened to traffic in 1858, more than 10 years after Fancourt White
(the builder of the Montagu Pass) and his convict gang moved onto
the site.
H.L.H.
Sources: Reports of the Central Board of Commissioners for Public
Roads in the Cape 1848-1858.
If any of our readers know anything more about
the elusive Mat Woodifield, please contact me at 042-2301311 or stef@kirkwood.co.za
------------------------------------------------------------------
Henry Fancourt
White - By A.S. Murray
White is one of the less
documented engineers in our history, but he will be will long be remembered
as the creator of the Montagu Pass, and as the original owner of Fancourt,
the world-class golf estate.
He was born in Yorkshire in 1811 and arrived
in the Cape with his parents as part of the British 1820 settlers.
His family were allocated land at Riviersonderend, but eventually
settled at Assegaaibosch.
He left the country and obtained surveying and
pass-building expe- rience in Australia and arrived back in South
Africa in 1843, where he was appointed as a Roads Inspector with the
newly constituted Central Roads Board. He was responsible for building
the main road between the Gouritz river and George, and in 1845 he
was appointed superinten- dent of construction for the Montagu Pass.
This excellent route to the interior was the third properly engineered
pass in the colony, and served for a hundred years until superseded
by the modern Outeniqua Pass. The construction, completed in 1847,
was acclaimed as a major step in improving communication in the country,
and remains White’s lasting achievement.
On completion of this work White built the road
from the top of the pass through the Langkloof to Port Elizabeth,
and the Zuurberg and Howison’s Poort passes in the Eastern Cape.
After a disagreement with fellow engineer Woodford Pilkington, son
of the Colonial Engineer, he left the Roads Board in 1853 and briefly
entered politics as the member for Algoa Bay. He retired to live in
the mansion he built at the foot of the Montagu Pass which in modern
times has become a world renown- ed golf estate, Fancourt, venue for
the 2003 President’s Cup. The village of Blanco which he developed
nearby is named as a variation of his surname. He died there.
-----------------------------------------------------------------------
Anglo-Boere Oorlog
Mev. Emmarentia Ferreira, (e-pos: emm11@absamail.co.za)
het ‘n tydjie gelede die volgende oor die Anglo-Boere Oorlog
in die Kirkwood omgewing ingestuur. Ek het heelwat navraag gedoen
om meer inligting oor hierdie insident te verkry, maar sonder sukses.
(Sien verdere kommentaar na einde van stuk.) :
1.FOURIE:
Die weduwee Maria Johanna de Lange, geb. Bosch 1840/ 41, het op die
plaas Kruisrivier, Glenconnor gewoon. Haar suster was met ‘n
Fourie getroud, en aangesien die egpaar redelik jonk oorlede is, het
sy hul kinders ook grootgemaak. Vermoedelik was hierdie dan een van
die Fourie kinders.
Tydens die inval van die Boeremagte in die Kaapkolonie
1901/2, het Maria se seuns by die Kommando onder leiding van
Smuts, aan- gesluit. Daar word toe besluit dat Fourie sal agterbly
om te help met die boerdery en om die vrouens op te pas. Toe die Engelse
Fourie sien, het hulle hom summier doodgeskiet. Die Kleurlinge (meelopers)
het toe opdrag gekry om die lyk te bewaak. Eers na 10 of 11 dae, het
die Engelse magte verder getrek en kon die weduwee die erg ontbinde
lyk begrawe.
Ek het in my besit ‘n foto van ene Sagrys Fourie.
Ek vermoed dat dit moontlik hy kon gewees het. ‘n Netjiese persoon,
geklee in ‘n kakie uniform. Indien dit hy was en hy tydens hierdie
ongelukkige voorval in kakie geklee was, en gedagtig dat die Engelse
‘n bevel uitgevaardig het, dat niemand die soldate se klere
mag dra nie, is dit nie snaaks dat hy geskiet is nie.
Hierdie voorval is verskeie kere deur my ma aan my vertel.
Later het ek dit ook by ‘n oom van my gehoor. ‘n Ou inwoner
van daardie area het dit ook aan my broer meegedeel. Emmarentia Ferreira.
2. Stef Delport se kommentaar:
Ek vermoed dat hier naamsverwarring ingetree het. Arie van Onselen
het as stiefkind by ‘n Fourie-egpaar op Glenconnor grootgeword.
Hy, Henry Rittenberg en Cornelius Vermaas is op die plaas Brakkefontein,
naby Glenconnor, doodgeskiet deur die Engelse, vermoedelik omdat hulle
Engelse uniformstukke aangehad het. Hulle was deel van Genl. Smuts
se kommando en Arie wou juis die volgende dag sy verjaardag by sy
stiefouers gaan vier. Die Engelse wou nie dadelik toestemming gee
vir hul begrafnis nie en hulle is eers na ‘n paar dae begrawe.
Van Onselen en Rittenberg in die Kariega begraafplasie direk langs
die hoofpad Graaff-Reinet toe en Vermaas in Uitenhage. (Sien Dirk
Schel- lingerhout se bydrae hiernaas oor hul grafte.) Na die Fouries
se dood het hy dalk by die De Langes gebly.
3. Kruisfontein: Orpa Dorfling skryf in haar
boek: My Plek, My Mense oor die plaas Kruisfontein in die Moot:
"Kruisrivier, die plek waar 'n kleiner spruit kruis
met die Sondagsrivier, was in die vroeëre jare 'n gedeelte van Die
Dorings. Hier langs die rivier het die De Langes gewoon. Johannes
Frederick de Lange, gebore op 24 Mei 1831, sterf op 14 Januarie 1886
en word hier te ruste gelê. Later sou hierdie plaas Dorfling-eiendom
word.
Gedurende die Eerste Wêreld-oorlog word Christiaan Frederick
Dorf- ling, gebore 19 Mei 1900, opgeneem te Potchefstroom. Met die
uitbreek van die Eerste Wêreld-oorlog in 1915, was oom Chrisjan vyftien
jaar oud. Hy kon nie wag vir sy sestiende verjaarsdag nie en lieg
homself in uniform in, tot binne-in Duitswes, saam met oupa Frans.
Hy doen swartwaterkoors op en beland vir 'n geruime tyd in die hospitaal
op Robbeneiland.
In 1947 koop oom Chrisjan, soos ons hom genoem het, en
Daniel Nortje Gouws saam die Die Dorings, 1 060 morg groot. Die gedeelte
waarop oom Chrisjan geboer het, was dus 530 morg groot, maar word
eers in 1964 wettiglik verdeel tussen die twee goeie vriende.
Sy seun Christie (Basjan) Dorfling (wat onlangs oorlede
is) het daar geboer tot die staat dit uitgekoop het vir die Oranje-Sondags
Water- skema." Tans is dit deel van die Addo Olifant Nasionale
Park.
4. Verdere inligting: Intussen is verdere kommentaar van Emmerentia
Ferreira ontvang. Sy skryf:
Die Fourie-voorval en die ander drie manne wat doodgeskiet
is, is twee aparte voorvalle. Helena Catherina de Lange (gebore 27.2.1885)
en jongste dogter van Johannes Frederik de Lange & Maria Johanna
be- vestig dit dan ook in 'n brief aan haar kleinseun. Ek het dit
ook by my ma en verskeie ander familie lede gehoor.
Intussen het ek ook tot die slotsom gekom dat hierdie
Sagrys Fourie heelwaarskynlik die seun van Thomas Frederik Fourie
(gebore Kruisrivier 1851 en oorlede Bothaskraal 13.12.1885) &
Susara Catharina Johanna Aletta de Beer was, nl. Zachareas Johannes
(gebore 15.4.1884).
Die foto wat ek in my besit het, is heelwaarskynlik sy
pa, want die persoon is reeds volwasse en die foto is op Kimberley
geneem - heel waarskynlik gedurende die tyd wat Johannes Frederik
de Lange trans- port gery het, en Cecil John Rhodes in Kimberley was,
want gedurende daardie tyd was hulle baie betrokke by Rhodes.
5. Stef se verdere kommentaar:
Die De Langes het in hierdie tyd Cecil John Rhodes met ‘n slap
riem gevang. Hulle het ‘n myn hier op die plaas Brakkefontein
in die Moot (tans oom Gideon en tannie Chrissie Joubert s’n)
met goud-erts vanaf die Rand gesout en Rhodes so oortuig dat dit ‘n
nuwe groot goudvonds is. Rhodes het die plaas in 1882 gekoop en sonder
sukses verder pro- beer myn. Hy het sy broer Arthur toe hier op Brakkefontein
laat boer, waar hy in 1936 oorlede is. Die oorblyfsels van die ou
myn is nog daar. Ook hier op Brakkefontein is die drie burgers
in 1901 doodgeskiet.
Indien enigiemand meer weet omtrent die Fourie verhaal van Emme- rentia
Ferreira, kontak my asb. by 082-6571960 of stef@kirkwood.co.za
--------------------------------------------------------------------------
Waar Slagboom se naam vandaan kom
In sy "Journal of a visit to South Africa in 1815 and 1816"
(waarvan ek onlangs 'n kopiè bekom het) beskryf Eerw. C.I.
Latrobe, die stigter van die Enon Sendingstasie, o.a. sy reis vanaf
die Kaap na die Sondagsrivier vallei en sy tak, die Witrivier, waar
hulle die plaas van mnr. Scheepers besoek. Hier het hy die Enon Sendingstasie
aangelê.
Hy beskryf dit as volg: “We directed our course towards a range
of woody hills, and into a valley, through which the Witte Revier
runs into the Sunday's river. At the farm of Jacobus Scheper, senior,
the valley contracts, so as to form a glen, its entrance shaded by
large trees. Here a party of footsoldiers, occupied a military post.
The old farmer was not at home, but his wife and daughter received
us in a friendly way. We produced the order from the landdrost to
her husband, to show us his landmarks, and the unoccupied land, (to
be used for the mission station) but did not trouble her to give us
a guide, the Hotten- tot soldier being well acquainted with the place…….”
“After several times crossing the river, we entered
upon the premises belonging to mr. Scheper jnr. The farm lies in a
most romantic situation, at the bottom of an amphitheatre of lofty
hills……we all agreed that it was one of the most beautiful
spots we had seen during the whole journey.”
“The old farm-house and outhouses were demolished
by the Caffres, about fifteen years ago. The present dwelling, put
up in place of the house burnt by those ferocious invaders, is a hovel,
not much better than a Hottentot's bondhoek. We found Mrs. Scheper
at home, and met with a friendly reception. Some dragoons stationed
here, seemed like- wise pleased with a visit from their countrymen.
If this delightful spot were situated in a country, where protection
might be had from wild beasts, and still wilder men, it would be coveted
by every lover of fine scenery, and fetch a great price.”
“Mrs. Scheper, grew eloquent in describing their situation:
What signifies, said she, our building a good house to live in,
and substantial and expensive premises, in a place like this, when,
before we are aware, the Caffres push through the wood, set all on
fire, and murder those, who cannot save themselves by flight? What
pleasure can we have in a fine garden, stocked with good fruit trees,
and garden stuff, when, after all our trouble, the elephants descend
from the kloofs, break through fences and railings, as if nothing
was in their way, pull up or tear to pieces our trees, trample down
or, devour all our crops, and lay the whole garden awaste? No, we
must make shift as well as we can, and the less we have to lose, the
less we have to regret.”
“We were told, that some time ago, a soldier, walking
alone, came suddenly upon an elephant, Whether the soldier made the
first attack or not, is not known, but the elephant, after treading
off his leg and thigh, hip and all, threw the body into the bushes.
The limb, trodden to pieces, was found in the road, with his cap and
accoutrements, but not the body, till after some days.”
"When we left this beautiful spot, Mr. Scheepers
accompanied us for several miles. Our road to Kourney (Coerney) lay
over a steep, stony hill, thickly covered with almost impenetrable
bushes, at the top of which, during the war (1811-12?), the
Caffres placed a huge beam, at each end fastened with thongs to the
trees, hoping thus to prevent the boors and soldiers in the valley
from following them, to recover cattle, or to attack them. From this
circumstance, the place has acquired the name of Slagboom (turnpike-bar).”
---------------------------------------------------------------------
WYSHEDE
DIS WONDERLIK OM 'N MAN TE WEES
Jou maag steek gewoonlik jou groot heupe weg.
Jy kan jou naels met 'n knipmes uitkrap.
Jy hoef nie laer as jou nek te skeer nie.
Jy het vryheid van keuse of jy 'n snor wil groei.
Motorwerktuigkundiges vertel jou die waarheid.
Trouplanne sorg vir hulself.
Jy gee nie om of niemand oplet of jou hare gesny is nie.
Jy hoef nie na 'n ander vulstasie te ry omdat hierdie een vuil lyk
nie.
Trourok R10,000 --- Aandpak R500 te huur.
Mense kyk nie na jou bors terwyl hulle met jou praat nie.
Telefoonoproepe is in 30 sekondes oor.
'n Vyfdag-vakansie benodig net een tas.
Jy kan al jou eie flesse oopmaak.
Jy kan jou eie kos doodmaak.
Jy kan die motel se bed onopgemaak laat.
Indien iemand vergeet om jou na 'n geleentheid te nooi, dan bly julle
nog vriende.
Jou onderklere kos R30-00 vir 'n pak van drie.
As jy 34 jaar oud is en ongetroud is, let niemand dit op nie.
Jy hoef nie die huis skoon te maak voor die huishulp kom nie.
Jy kan by 'n vriend inval sonder om vir hom 'n geskenkie te neem.
Daar word nie van jou verwag om die name van vyf kleure te ken nie.
Jy hoef nie te twyfel oor watter kant toe om 'n moer te draai nie.
Jy kan Kersfeesgeskenke vir 25 mense op 24 Desember koop.
Uit: Lag vandag nog ‘n slag.
-----------------------------------------------------------------------
THIS IS AN ACTUAL AUSTRALIAN COURT CASE.
DOCKET 12659: THE CASE OF THE PREGNANT LADY
A lady about 8 months pregnant got on a bus. She noticed
the man opposite her was smiling at her. She immediately moved to
another seat. This time the smile turned into a grin, so she moved
again. The man seemed more amused. When on the fourth move, the man
burst out laughing, she complained to the driver and he had the man
arres- ted.
The case came up in court. The judge asked the man (about
20 years old) what he had to say for himself.
The man replied: "Well your Honour, it was like
this. When the lady got on the bus, I couldn't help but notice her
condition. She sat under a sweets sign that said: The Double Mint
Twins are Coming and I grin- ned."
"Then she moved and sat under a sign that said:
Logan's Liniment will reduce the swelling, and I had to smile.
Then she placed herself under a deodorant sign that said: William's
Big Stick Did the Trick, and I could hardly contain myself."
"BUT, your Honour, when she moved the fourth time
and sat under a sign that said: Goodyear Rubber could have prevented
this Accident...I just lost it."
" CASE DISMISSED!!"
----------------------------------------------------------------------
Bill Gate's speech to a High School
in Visalia, CA:
Bill Gates recently gave a speech at a High School about 11 things
they did not and will not learn in school. He talks about how feel-good,
politically correct teachings created a generation of kids with no
con- cept of reality and how this concept set them up for failure
in the real world.
Rule 1 Life is not fair - get used to it!
Rule 2 The world won't care about your self-esteem.
The world will expect you to accomplish something BEFORE you
feel good about yourself.
Rule 3 You will NOT make $60,000 a year right
out of high school. You won't be a vice-president with a car phone
until you earn both.
Rule 4 If you think your teacher is tough, wait
till you get a boss.
Rule 5 Flipping burgers is not beneath your
dignity. Your grandparents had a different word for burger flipping
- they called it opportunity.
Rule 6 If you mess up, it's not your parent's
fault, so don't whine about your mistakes, learn from them.
Rule 7 Before you were born, your parents weren't
as boring as they are now. They got that way from paying your bills,
cleaning your clothes and listening to you talk about how cool you
thought you were. So before you save the rain forest from the parasites
of your parent's generation, try delousing the closet in your own
room.
Rule 8 Your school may have done away with winners
and losers, but life HAS NOT. In some schools they have abolished
failing grades and they'll give you as MANY TIMES as you want to get
the right answer. This doesn't bear the slightest resemblance to ANYTHING
in real life.
Rule 9 Life is not divided into semesters. You
don't get summers off and very few employers are interested in helping
you FIND YOURSELF. Do that on your own time.
Rule 10 Television is NOT real life. In real
life people actually have to leave the coffee shop and go to jobs.
Rule 11 Be nice to nerds. Chances are you'll
end up working for one.
--------------------------------------------------------------------------
Kuier in die Kombuis
1. Ostrich fillet in nartjie sauce:
Ostrich meat is very low in fat and cholesterol. For a healthy meal
try it with nartjie sauce.
Serves 4:
500 g. ostrich fillet 5-7ml (l-l½tsp)
beef stock powder
juice and grated peel of 1 large orange
65 ml (cup) medium cream sherry
15ml(1tbsp) honey
milled black pepper
30ml(2tbsp) sunflower oil
2 nartjies, peeled and segmented
Rub ostrich fillet with beef stock powder and place in a shallow dish.
Mix orange juice and peel, sherry, honey and black pepper. Pour
over fillet and marinate for at least 1 hour, if possible. Preheat
oven to 200 °C. Pour oil into a roasting pan and heat in oven for
a minute or two. Remove fillet from marinade and place in hot oil.
Roast for about 5 minutes, brush with marinade, add nartjie segments
and roast for a further 5-10 minutes, or until cooked. Serve
with roast potatoes and steamed vegetables.
-----------------------------------------------
2. Biefstuk en Niertjie Pot:
Met lente in die lug raak dit weer tyd om buite te kuier. Probeer
gerus hierdie heerlike potjie oor die kole.
Kors:
4 k koekmeel
250-500 g botter
½ pak skyfies (kaas en uie gekrummel)
Braai baie uieringe en skywe sampioene. Voeg beesvleisrepies en blokkies
niertjies by. Meng een blikkie Farmstyle boontjiesop met bietjie water
en voeg by. Gooi ongeveer ¼ bottel ligte sojasous by. Voeg 1½ liter
water by.
Prut vir 40 minute en gooi korskrummels oor. Plaas deksel op pot en
gooi kole op deksel. Prut tot gaar.
Strooi fyngekapte pietersielie oor en bedien met lekker groen- slaai.
--------------------------------------------------------------------------
BOODSKAP VIR DIE MAAND
DIE OLIEKANMAN:
Lees: Kolossense 3:12-17 "Daarom moet julle meelewend, goedgesind,
nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees." (12)
Op 'n plattelandse dorpie het 'n man gewoon wat die "Oliekanman"
genoem is. Hy het oral 'n kannetjie olie met hom saamgedra. As hy
by 'n hek ingaan en die skarniere skree, drup hy 'n bietjie olie daarop.
Gaan hy by 'n deur in en die slot is stram, kry die slot 'n bietjie
olie. Kom 'n kruiwa verby en die wiel draai piepend, verwyt hy nie
die man wat swaar aan die vrag stoot nie, hy gee die wiel olie. Van
hom het die mense gesê: "Hy maak die pad makliker vir almal wat
ná hom hierlangs verby kom."
Ons leef in 'n krakende, piepende, stram wêreld met baie misverstand,
konflik, klagtes, ongeduld, verwyte, kritiek, foute daarin. Ons kan
bydra tot hierdie onaangenaamhede in ons omgewing, of ons kan dit
makliker maak vir ander. 'n Woordjie van lof hier, 'n simpatieke gesindheid
daar, is goeie olie vir 'n stram samelewing.
So 'n goeie lewenshouding kom nie uit ons menslike geaardheid nie.
Dit is uit 'n hart, waarin die Gees van die Here Jesus Christus woon,
dat die woorde, dade en gesindhede kom, wat ons verhoudinge met mekaar
makliker maak. "Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat
beheers, kan nie die wil van God doen nie. Julle word egter nie deur
julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees
van God woon in julle" (Rom.8:8,9). "Die vrug van die Gees
is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid,
getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing." (Gal.5:22).
Gebed: Here, vandag wil ek met my woorde en gesindhede vir ander die
lewe makliker maak.
Manie Colyn
--------------------------------------------------------------------
N.G. GEMEENTE SONDAGSRIVIER
Kerkbasaar – September 2006
Die kerkbasaar was vir meer as honderd jaar die tradisionele
geleent- heid van samesyn in al die N.G. Gemeentes. Vir amper twintig
jaar het ander geleenthede soos Kontreifeeste en Saterdag-verkope
egter sy plek op Kirkwood ingeneem. Wat ‘n plesier om dus weer
‘n tradisionele kerkbasaar soos ons daarmee grootgeword het,
op ‘n Vrydagaand in die Voortrekkersaal te kan geniet.
Lekker braaivleis, gemengde basaarpoeding, koffie, koeke
groot en klein en die lekker kuier het dit ‘n besondere geleentheid
gemaak in ‘n tyd waar kanse vir saamkuier van gelowiges al hoe
skaarser word. Die beskikbaarheid van genoeg sitplekke binne en buite
het daartoe byge- dra. Opvallend was die uitbundigheid van die kinders
– vir die hele ge- sin dus ‘n wonderlike kuierplek. Hierdie
keer was daar selfs ‘n Fontein vir die dorser mense.
Gelukkig beleef die vallei vanjaar weer ‘n goeie
sitrusjaar en die men- se het gekoop, ge-eet en gespeel vir die vale
– vandaar die rekord be- drag van meer as R162,000 deur die
dankbare gemeente byeenge bring Hierby is nog R114,000 ge-in met skenkings
van kratte uitvoersitrus aan die kerk.
Stef Delport
--------------------------------------------------------------------------
BRIEWE
5. Floors Bellingan soek Rosa en Elize
Elsa van Dyk skryf uit Pretoria:
Ek stuur hierdie e-pos namens my pa, Floors Bellingan, seun van wyle
oom Wilhelm en tannie Margaret Bellingan. Hy het gebly in Kirkwood
tot 1968, waarna hy vertrek het na Pretoria.
Hy wil graag hoor of jy enige kontak besonderhede het van Rosa Pretorius
en Elize Erasmus? Ou klasmaats wat hy graag weer wil mee kontak maak.
Indien julle dalk in kontak kom met hom wil kom is julle welkom om
hom te skakel by 012 664 2598 of 082 540 2540.
Dankie
Elsa van Dyk
Finansiele Bestuurder
VGI Consulting Inc
Tel No. : 012 682 9162
------------------------------------------------------
6. The View from my Room:
Graeme Fraser writes about their move to the
valley:
As you can see from the attachment we will soon be moving to your
area. Veldra and I have an intense interest in publishing and also
writing - so we hope to send you plenty of material for you to publish
on your site. My own particular field of interest ranges from the
purely motivational to other life skills such as negotiation, legal
and taxation.
We are also both in the process of writing books on different topics.
Looking forward to meeting you when we are in the area.
Kind regards
Graeme Fraser
gfraser@mweb.co.za
Graeme’s Story:
(An extract from his newsletter: The View From My Room.)
How many times in life do we get a second chance? Or, perhaps more
importantly, when that second chance comes along do we grab at it
excitedly or do we hesitate once more and let it slip away again.
I was standing halfway up a hill in the thick Eastern
Cape bush next to my friend for a number of years and business partner
for the past 5 years. Everything we had planned had come crashing
down. Not exact- ly due to our own design or even our own fault and
we were both having to pick up the pieces and start again. Hansie
spoke with enthusiasm about his vision of creating an ultra-modern
citrus farm in the heart of South Africa’s largest citrus producing
area, Kirkwood, in the Sundays River Valley. As with our previous
activities. I too was caught up with the sense of adventure that Hansie
exuded and could envisage looking out from the veranda of the yet
to be built house, across the valley to- wards the setting sun, a
hefty scotch whiskey and ice in my hand and proposing my favourite
toast: “Life is tough in Africa!!”
That was back in 1998.
Now, some seven years later I was driving my combi through
the pouring rain back to Kirkwood to spend the weekend with Hansie
and his wife Marina on the aptly named “Sunset Farm”.
The visit was long overdue and my intention was three-fold : to introduce
my friend Vel- dra to Hansie, to introduce Veldra to the Sundays River
Valley and to confirm what had been a constant thought on my mind
since 1998 – I wanted to move to Kirkwood.
The weather was miserable all weekend but the reception
from Han- sie was as warm as the fierce fire we built in his diningroom
on the Saturday night. On Sunday afternoon Hansie and Marina wanted
us to go for a lunch-time drink at one of the regions favourite watering-holes
“The Orange and Elephant” which is close to the Addo Elephant
Park. On the way there we took a drive
through the tiny village of Sunlands, where Hansie had first rented
a house and spoke about the possibility of my finding similar accommodation
for Veldra and I in the area. Marina recalled that Charles Woolley
had a small house on his farm where the tenants were about to vacate.
Over our pre-andial drinks I asked Hansie to give Charles
a call. The house was available and he would reserve it for us. Hansie’s
grace at the meal removed all doubt. “Dankie, Here dat U my
vriend terug na Kirkwood besorg het en seën hulle besluit om hier
te kom vestig”.
-----------------------------------------------
7. Johan de Vries – die skilder:
Sy seun, Johan de Vries, skryf uit Londen:
Ek dreig nou al n lang ruk om vir jou te skryf, maar
kom nie so ver nie. So hier gaan ons.
Jy sal seker my pa onthou, Johan de Vries, wat baie jare
terug op Kirkwood skool gegee het, en miskien vir my ook, maar dit
was baie lank gelede. Hy is ‘n paar jaar terug ook oorlede,
so daar is nog ‘n groot gees wat geval het.
Op die oomblik bly ek en my vrou en dogter in Londen
(so lekker tussen die Ingilse). Ek lees gereeld die nuusbrief, net
so om te sien wat aangaan daar in die plek wat ek grootgeword het.
Ek kan sien daar is baie veranderinge, maar dis maar orals (in die
nuwe Suid Afrika . . .)
Kirkwood laat my altyd dink aan die Jakaranda bome wat
in die dorp gegroei het, en ons as laaities (dis nou ek, Chris Smit,
Francois Le Roux, Lukas Els en nog ‘n paar klonge) daar in die
dorp se strate met ons fiets rondgejaag het, lekker goeie ou dae .
. . . .
Ek hoop dat van jou lesers sal kan help met my projek.
Ek is op soek na fotos’ van my pa, van sy jare in Kirkwood.
Of dit nou by die skool was, in die Kirkwood Kommando, uitstappies
of wat ook al. Selfs as mense vir my koerant-uitknipsels kan scan
en mail, sal ek dit hoog op prys stel. Ek wil so ‘n storie-boek
tipe ding doen, wat ek dan op my website (www.potgooi.eu) gaan publiseer.
Ek kort nogal baie foto’s van Kirkwood. So as mense so veel
as moontlik vir my kan stuur, asb.
Ek doen ook ‘n potgooi – Afrikaans vir podcast
– so as daar enige iemand is wat wil luister, kyk op die werf
(www.potgooi.eu) , en laai dit direk af. Dit is ek en my dogter wat
sommer so oor alles en nog wat ge- sels. Sy praat Ingils, ek Afrikaans,
en ek probeer haar weer Afrikaans leer, want sy het heeltemal verleer
om dit te praat.
As iemand my wil kontak, my e-pos is admin@potgooi.eu
, of julle is selfs welkom om my te Skype (devries_joe). Ek
sal graag van ou vrien- de in Kirkwood wil hoor. Ek kan selfs ‘n
interview doen, dit opneem, en op die web uitsit.
Sterkte met die webblad, en hou aan daarmee, ek vind
dit baie goed, en dit laat my baie terugdink………
ek het julle ook geskakel op my webblad, so hopelik sal julle nog
'n paar lesers optel.
Groete vir eers.
Johan "Klei Lat" de Vries
Die Moddereiland Potgooi (Podcast) admin@potgooi.eu
www.potgooi.eu
skype: devries_joe
Onderstaande berig het in die Burger (Nov. 1981)
verskyn:
Naweekrit op die Appeltrein
'N VROLIKE groep mense van Kirkwood — altesame 70 van alle ouder-
domme — wat die naweek met die Appeltrein na Loerie en terug gereis
het. Die Rapportryers van Kirkwood het onder leiding van mnr. Johan
de Vries (by die neus van die lokomotief met swart snor en baard)
die uitstappie gereel. Die groep het met 'n skoolbus na Port
Elizabeth gekom om die rit mee te maak. Ander mense het van so ver
as Oos-Londen gekom om saam met die groep te reis.
-------------------------------------------------------------------------
NEEFSNAWEEK

Die klomp Delport neefs tydens hul Neefsnaweek te Keurboomstrand.
Voor staan v.l.n.r: Leon Delport (Eiendomsbestuurder van Kirkwood),
Tertius Delport (Oud-Minister en L.P. van P.E.), Eric Olivier
(afgetrede sitrus- boer van Kirkwood), Andrè Olivier
(afgetrede skoolhoof van King Williamstown) en Koosie Delport (N.G.
predikant van Stellenberg in die Kaap.
Agter staan v.l.n.r.: Eben Olivier (Adj. Direkteur van Sport by N.M.M.
Univ. in P.E.), Koos Delport (Groepbestuurder Menslike Hulpbronne
van Parmalat vanaf Durbanville), Willie Delport (vee-arts vanaf Grahamstad
en O.L.), Gerard Delport (Prokureur van Linden, Johannesburg), Stef
Delport (Sitrusboer en Stadsraadslid van Kirkwood), Piet Delport (pro-
kureur van P.E), A.J. Delport (Sake-konsultant van Eversdal, Bellville)
en Kobus Delport (Belastingpraktisyn vanP.E.)
--------------------------------------------------------------------------
SPORTRUBRIEK
Rugby Herinneringe:
Gerard Delport gesels oor vroeër dae se rugby
op Kirkwood:
Ons was nou die ander dag so ’n paar rugbymanne
bymekaar, en soos dit gewoonlik maar gaan, het ons heerlik in die
verlede gelewe. Hulle sê mos “the older I get, the better I
was”! Dit was net nodig vir een van die manne om te vra: “Onthou
julle nog….?”
Daar is so baie stories rondom Kirkwood se rugby dat mens ’n
boek daaroor kan skryf. En dan praat ek nie eers van die “ou
dae” nie! Die dae van Johan Swart, Jan Tappels, Calla Potgieter,
Atties van Greunen, Carel de Wit; en laterlik Kleinjan Potgieter,
Malvern Tibshraeny, Jacques de Bruyn en Bill Kunneke. Dit was manne
wat plaaslik legendes geword het.
Destyds was dit die algemene ding dat toeskouers se motors
reg rondom die veld geparkeer gestaan het – in daardie dae het
mense selfs nog die junior ligas ondersteun. Dan praat ek nie eers
die onbe-hoorlike voordeel wat tuis skeidsregters (en vlagmanne!)
jou span gebied het nie. Ek onthou baie goed hoe oom Erasmus (Johan-hulle
se pa) altyd die span aangemoedig het met ’n “Voete, Kirkwood,
voete!”
My eie betrokkenheid by die klub strek maar eers hier
van 1977 af toe ek van P.E. af Kirkwood toe getrek het. Ek het as
gevolg van beserings in 1974 reeds opgehou ernstig speel, en gedink
ek sal as afrigter by die klub kom uithelp. Die eerste Saterdag was
daar egter al ’n man kort, en het ek maar my ou swak knie vasgedraai
en uitgedraf.
Met behulp van Eric Olivier en ouens soos Neels Stroebel
wat onbaat- sugtig elke Saterdag by die hek gestaan het, was ek grootliks
verant- woordelik vir die organisasie van die klub. Eric (toe al reeds
in sy veer- tigs) het meer dikwels as nie, moes uithelp op heelagter,
anders was daar nie ’n vol span nie. Ek het destyds losskakel
gespeel en tussen ons het ons die opponente dikwels moedeloos geskop.
Ek kon redelik goed skop met my regtervoet, en Eric het nog verder
geskop met die linker. Afhangende van aan watter kant van die veld
die spel was, het ons beurte gemaak om ons uit die moeilikheid uit
te skop.
Ek sal Eric se laaste wedstryd nooit vergeet nie. Dit
was ons laaste tuiswedstryd van die seisoen. Die vorige week kon ons
nie ’n span by- mekaar kry om op Thornhill te gaan speel nie,
en moes ons aan hulle punte gee. (Dit was nogal een van die wedstryde
wat ons heel waar- skynlik sou gewen het!). Gedurende die week skakel
die voorsitter van die PE Onderwyskollege my toe om te hoor of ons
’n span het vir die Saterdag se wedstryd, want hulle wou nie
al die pad van PE af ry as ons nie ’n span het nie. Hulle was
een van die voorlopers op die punteleer, en het gedink dis blote formaliteit
om ons te kom klop. Ek verseker hom dat ons nie ’n probleem
het met tuiswedstryde nie, en dat ons hulle verwag.
Maar soos dit nou maar gaan, daag daar dié Saterdag net
12 spelers op. Eric is gelukkig soos altyd daar (hy was immers president
van die klub!), en ons hoor dat Tôto van der Merwe die naweek van
U.P.E. af by die huis is. Hy is egter op daardie stadium op die trekker
besig om te ploeg. Dit was voor die tyd van selfone, dus moes iemand
hom fisies gaan roep. Ons organiseer iemand om hom te gaan haal, en
stuur die polisie vangwa om die een voorryman, Wessels, by J C Steyn
te gaan haal. Hy’t laat weet dat hy nie vervoer het nie.
Ons oorreed toe vir Piet Oelofse (’n polisieman
wat vir jare nie meer gespeel het nie!) om solank op die vleuel op
te draf, en ons vat die veld met 13 spelers. Eric trek nog aan, en
Tôto en Wessels is (hopelik) op pad. Piet Oelofse het gesê hy sal
net vir so ’n rukkie uithelp.
Ons was skaars op die veld of die Onderwyskollege gaan
druk. Terwyl hulle aanlê vir die doelskop kom Eric toe op. Nou’s
ons 14. Hy’t gesien ek is baie ongelukkig oor die toedrag van
sake, en kom sê so ewe: “Moenie ‘worry’ nie man,
ons gaan nou ‘settle’. ” “ ‘Settle’
met wát?” was my antwoord. Min het ek geweet hoe profeties sy
woorde regtig was.
Na so 10 minute of wat daag Tôto op, en is ons span vol.
Wessels kom kort voor rustyd daar aan, en Eric reël daar van die heelagter
af dat hy aantrek, en in die kleedkamer moet wag, maar sy hare en
trui moet natmaak. Met rustyd sal Oelofse in die kleedkamer ingaan,
en Wessels in sy plek uitkom en verder speel. Daar was nie in daardie
dae iets soos plaasvervangers nie!
Tot op daardie stadium het Johan Colyn, eintlik ’n
vleuel, in die voorry gesak. Hy was lekker stewig gebou. Toe Wessels
na rustyd opkom in Oelofse se plek, weier hy botweg om te gaan vleuel
speel – hy geniet dit toe daar in die skrum. Die gevolg is dat
ons met ’n gereelde vleuel op voorry, en ’n gereelde voorry
op vleuel die res van die wedstryd klaarmaak. Ek wonder wat Jake White
daarvan sou gesê het?
Die spel het eintlik redelik gelykop verloop. Ons was
’n keer so op hulle 10-treë lyn toe Eric net agter die senters
kom staan en kliphard roep vir ’n lang “pass”, hy
wil skepskop. Ek het mos gesê dat hy kón skop. En toe hy die bal tref,
toe draai hy nes Naas Botha sommer om sonder om eers te wag dat die
bal deur die pale trek!
’n Rukkie later roep hy weer hard vir ’n
lang “pass”. Die Kollege outjies sak op hom toe om die
skepskop af te storm. Ek gee verby Eric uit na Tôto op senter wat
reg deurhardloop sonder dat ’n hand op hom gelê word! En ons
wen!!!
Na die wedstryd sit ek en hy in die kleedkamer en nabetragting
hou, toe die Kollege se kaptein daar na ons toe kom en vra: “Oom,
laat ek asb. julle voete sien. Ek het nog nooit ouens gesien wat ’n
bal so ver kan skop nie! Julle sal nog vratte op julle voete kry!”
Ons het nog twee wegwedstyde vir die seisoen oorgehad,
maar het hulle sommer summier gekanselleer. En so het Eric se rugbyloopbaan
op 44 jarige ouderdom op ’n hoogtepunt geëindig – ’n
oorwinning vir sy span, danksy ’n skepskoppoging van bykans
50 meter.
Ek het nog ’n seisoen of wat aanhou speel maar
op 37 die klub aan Boeram Venter en Piet du Preez-hulle oorgegee wat
selfs daarin kon slaag om die liga te wen. Dis tragies dat die rugbyklub
wat op ’n sta- dium so ’n prominente plek in die gemeenskap
ingeneem het, uiteinde- lik moes doodloop.
’n Ander wedstryd wat ek altyd sal onthou, is dié
teen die Ikey toer- span van 1966. Maar daarvan vertel ek volgende
keer.
Groete van huis tot huis.
Gerard Delport
gerdel@mweb.co.za
September 2006
--------------------------------------------------------------------------
VER OOR
DIE DIEP BLOU SEE
Die Land van Lemurs Roep…
Charl Louw skryf uit Angola oor ‘n vakansie in Madagaskar:
(Charl Louw was vroeër by navorsing in die Addo
Nasionale Olifantpark betrokke en is tans die enigste landskaps-argitek
in Angola.)
Dit is Oktober en die yweriges onder ons het sekerlik reeds
volledige, uitgewerkte planne vir die Desembervakansie. Vir die van
julle wat ge- lukkig genoeg is om meer as net Kersdag en Nuwejaar af
te hê, maar nog nie verder as dit gedink het nie, hierdie artikel is
net vir jou! As jy lus is vir avontuur en pure pret het ek net die
plek wat jou beide bied én nog baie meer.
Vir diegene wat dink dat Madagaskar net op die Discovery kanaal be-
staan, lees verder en ek belowe jou, as jy nie oortuig is en reeds
besig is om jou tasse te pak aan die einde nie, skenk ek aan jou een
stan- daard lemur. Gratis en verniet.
Madagaskar is definitief ‘n land wat jy moet besoek voor jy
doodgaan en bied vir ieder en elk ‘n legio van moontlikhede en
uitdagings. Die temperatuur in Desember is ook glad nie so erg as
wat die brosjures jou wil laat glo nie. Die enigste tydperk wat jy
liefs moet vermy is laat Januarie en Februarie wanneer siklone in
die Ooste mag voorkom.
Die land is verskriklik divers en die vier windrigtings verskil
heeltemal van mekaar ten opsigte van klimaat en plantegroei wat weer
op hul beurt ‘n unieke verspreiding van die tipe diere tot gevolg
het. Die dorpies, hul mense en kultuur is so kleurryk soos ‘n
laslappiekombers. Die verskillende stamme het elk
‘n enorme lys van tradisionele disse, gebruike en taboes - so
byvoorbeeld is lemurs ‘n delikatessen by die een groep, terwyl hul
bure langsaan dit weer ten sterkste verbied.
Vir die besoeker is daar ‘n string hotelle en ‘lodges’ om van te
kies wat elke ou se sak en smaak sal pas. Dit is ‘n baie arm land,
maar die mense is baie trots op hul herkoms en is altyd vriendelik
en bereid om te help. Wees egter gewaarsku: as jy nie Frans praat
nie is gebaretaal jou voorland! Min mense kan Engels praat, maar
mens kom tog maklik reg en daar is gewoonlik een persoon in die
restaurant wat vir jou kan verduidelik wat jy so pas bestel het.
Produkte is baie goedkoop en groot winskopies kan in die vele
straatmarkte onderhandel word. Dit is natuurlik ook een van die
Spesery-eilande en vanilla, peper en kaneel, om net n paar te noem,
is op elke straathoek te koop. Hoe meer tyd jy het om in die land te
spandeer hoe beter! Ek was 3 weke daar en het net genoeg gesien om
te besef dat ek nog nie veel gesien het nie.

Antanarivo
Ek het my eie reisplan opgestel
en vertel jul dus hoe ek dit ervaar het. By al die plekke waar ons
gebly het, was kontinentale ontbyt en aand- ete ingesluit. Tana (Antananarivo)
is die hoofstad en dus die weg- springplek om die res van die land
te verken. Dit vat jou 3 ure met ‘n vliegtuig en daar is amper
daagliks vlugte vanaf JHB Internasionaal. Ons eerste
bestemming was in die reënwoude geleë wat in die Oos- telike deel
van die land is. Die pad soontoe is redelik goed en kronkel op en
af vir n paar ure. Moet dus nie n groot ete nuttig net voor jy dit
aanpak nie. Jy kry utomaties ‘n 4x4 plus drywer vir die volle
tydperk wat jy in die reënwoude rondrits, so dit kan nogal duur uitwerk
as jy te lank bly. Daar is verskeie plekke om te bly en ‘n paar
is binne in die woude self. Dié het hul eie wandelpaadjies sodat jy
op eie gemak kan gaan soek vir reptiele en gediertes van enige grote
en kleur.
Dit is ook hier waar ek my eerste lemur te sien gekry het. Vir diegene
wat dink blou- apies is oulik om na te kyk - ek het uiters slegte
nuus vir jou. Lemurs wen loshande sonder om eers te probeer! Ek het
dadelik my hart verloor op hierdie wollerige diertjies met die laaang
sterte en skerp neusies, spitsore en blink oë. Ek het van toe af permanent
met halfryp piesangs rondgeloop, want dit is uitstekende omkoop materiaal.
Binnelandse Meer
Van hier af na enige ander plek raak die paaie op en jy moet lug-
of watervervoer aandurf. Ons drywer het ons met n rowwe grondpad gebring
tot by een van die 3 binnelandse mere, heel aan die Oostekant van
die land. Die inwoners het baie lank gelede, met die hand, hierdie
mere met breë kanale verbind. Daar is net ‘n dun streep land
tussen dit en die see maar omdat dit baie meer beskut en die water
ten alle tye seepglad is word dit tot vandag toe nog as een van hul
hoof vervoer roetes gebruik.

Ons volgende bestemming het vir ons op die rand van een van hierdie
mere lê en wag. ‘n 2 uur bootrit later is ons vriendelik ontvang met
gla- sies koue vrugtepons en die ‘local entertainer’ - n wilde, mak
pappe- gaai.
Hier het ons geswem, gewindsurf en natuurlik in die woud gestap op
soek na lemurs. Die lodge is omring deur sy eie natuurreservaat, so
lemurs van vele soorte was volop en het in elk geval elke oggend ‘n
draai by die kombuis kom maak vir ‘n vinnige, gewaarborgde ontbyt.
Die hutte was baie gerieflik, ver uitmekaar en elk met sy eie unieke
uitsig oor die meer. Krag word verkry van ‘n kragopwekker wat in die
aande afgeskakel word. Die etes was elke keer keurig bedien en baie
smaaklik. Ek wat so gewoond is aan al my geriewe, kon dit net nie
kleinkry dat al die geurige 3-gang geregte voorberei word in ‘n
kombuis wat bestaan uit ‘n gas yskas, koolstoof en 2 lendelam tafels
nie. Daar was nooit meer as 10 gaste nie en ons kon dus kies wat ons
wil eet vir elke ete die volgende dag. Die ‘keuse’ was gewoonlik
tussen vars gevangde vis of iets wat op die werf rondgeloop het,
soos hoender of eend. Vier dae later het ons, met nog ‘n stadiger
boot, hoër op gevaar tot by Tamarive en vandaar teruggevlieg Tana
toe.
St.Marie Eiland
Die volgende dag het ons met 'n klein vliegtuigie St. Marie toe gevlieg.
St. Marie is ‘n kleinerige eiland aan die Oostekant en bekend
vir wit strande en gesogte duikplekke. Die lodge waar ons gebly het,
het weer- eens alle verwagtinge oortref. Enige vervoermiddel is daar
te huur en ons het besluit op ‘n motorfiets om die eiland mee
te verken. Vir twee dae het ons elke moontlike pad aangedurf om seker
te maak ons mis niks uit nie en die soektog na die seerowers-begraafplaas
het later soos ‘n regte skattejag begin voel.

Op soek na die seerower begraafplaas
Na elke dag se watersport, snorkel en verkenning het ons boonop gaan
aansit vir 'n vyfgang maal! Na al die eiland-avontuur en elke aand
se prentjiemooi sonsondergange het ons swaar afskeid geneem toe dit
tyd was om terug te vlieg Tana toe. Die keer om weswaarts te reis
sodat ons met eie oë na die wêreldbekende Boabab Avenue kan gaan kyk.


Madagaskar het 7 soorte Kremetartbome waarvan die 3 grootstes in
die Weste voorkom. Vlieg is ‘n definitiewe moet en ‘n lang verblyf
is nie aan te beveel nie. Die Westelike deel is die droogste, asook
armste, deel van die land en behalwe vir die duisende kremetartbome
is daar nie veel meer om te sien of te doen nie. Die plek waar ons
gebly het was gerieflik maar glad nie in dieselfde klas as enige een
van die ander nie. Een volle dag is meer as genoeg om die area te
verken en twee dae later is ons toe weer vir oulaas terug Tana toe.

Na ‘n vinnige draai vir die soveelste keer by die mark, die
botaniese tuin/dieretuin asook ‘n kort besoek aan die krokodilplaas
wat spesia- liseer in krokodil-sosaties het ons drywer heel
paniekerig laat weet dat ons nou amptelik laat gaan wees vir ons
vlug terug Suid-Afrika toe. Met halfgekoude sosaties in die hand het
ons toe dadelik lughawe toe ge- jaag.
Net vir die rekord, ons was toe wel betyds vir die vlug en boonop
het die gawe dame by die inweegtoonbank my nie eers oorgewig laat
be- taal vir die masiewe, propvol kartonboks wat ons tasse vergesel
het nie. Ons het in die 3 weke wat ons daar was letterlik alles
gedoen be- halwe valskermspring en ‘bungee’, so ‘n welkome slapie het
vir ons op die vliegtuig gewag…
As jy dit oorweeg om Madagaskar jou volgende vakansie-bestem- ming
te maak, is jy welkom om my direk te kontak vir enige verdere
inligting of aanbevelings.
Charl Louw
charl.louw@sigmagroup
|